Gedagte vir die dag: Wie anders as die rots?

Argieffoto (Foto: Bruno van der Kraan/Unsplash)

“Wie anders as die Here is God? Wie anders as God is ʼn rots?” (Psalm 18:32)

Skrifgedeelte
Psalm 18:32 (NLV)

Oordenking
Om God as ʼn “rots” te beskryf is ʼn bekende beeld in die Skrif. ʼn Rots staan altyd vir vastigheid en veiligheid. Op ʼn rots kan ʼn mens maar sy huis bou – aan ʼn rots kan ’n mens jou lewe anker. So is God: As die winde en storms kom – en dit sal kom – sal ons nie vergaan nie, want die Rots waarop ons bou, kan dit hanteer.

Die Skrif sê ook dat Hy die “enigste” rots is. Daar is nie ʼn ander god aan wie jy jou lewe kan anker nie. Dit is so goed jy anker jou boot aan homself – dit kan nie! Moenie eens probeer nie – daar is net een Rots, en dit is ons God.

Gebed

Ewige Rots, U is die vaste punt in hierdie storm. Ek anker my gemoed vandag aan U. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.