Mapisa-Nqakula moet eerder bedank – VF Plus

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. (Foto: VF Plus)

Doen die eerbare ding en bedank self.

Dit was Dinsdag die VF Plus se versoek aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), nadat die Pretoriase hooggeregshof haar aansoek vir ʼn interdik teen haar inhegtenisneming van die hand gewys het.

Die speaker word daarvan beskuldig dat sy gedurende haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane omkoopgeld van R2,3 miljoen in die vorm van sogenaamde geskenkpakkies van ʼn diensverskaffer van die weermag ontvang het.

“Sy kan nie langer as die speaker van die NV dien nie,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Hy sê Mapisa-Nqakula moet die “eerbare weg kies en self bedank”.

Die VF Plus het ook die hofuitspraak verwelkom en sê sou die speaker se aansoek – dat sy nie in hegtenis geneem mag word nie – toegestaan gewees het, dit die strafregstelsel sou ondermyn.

“Mapisa-Nqakula kan nie spesiale behandeling verwag omdat sy die speaker van die NV is nie. Nie sy of enigiemand anders in Suid-Afrika is bo die reg verhewe nie. Sy moet nou so gou doenlik in hegtenis geneem word en dan soos enige ander landsburger om borgtog aansoek doen.”

Groenewald sê hierdie voorval moet ook as voorbeeld vir ander politici en hooggeplaastes dien dat niemand die wet kan oortree en dink dat hulle daarmee kan wegkom nie.

“Die VF Plus sal ʼn mosie van wantroue in Mapisa-Nqakula in die NV steun.

“ʼn Speaker dien as ʼn simbool van integriteit, eerlikheid, respek en verantwoordbaarheid van die parlement en dit is nou in gedrang gebring.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Aai ·

Sy sal nie bedank dan is dit skuld herkening hoe gaan sy dan vir haar familie skep voor niks kom van haar saak?

Delia ·

Dit sal die eerbare ding wees om te doen, maar doen die ANC eerbare goed?

Papsak ·

Sluit toe moenie speel vir tyd nie maak n voorbeeld sy sal nie uit haar eie uit bedank nie !!!!!!

Dawid Jakobus ·

Ai. Die korrupsie mense sal nooit bedank of herken nie. Hulle is maar so op wet bo verhewe. Laat hul opsluit!

koos10 ·

Nee wat Pieter. Integriteit is ‘n woord en daad wat hulle net by die opposisie soek. Hulle het ook mooi geleer by Zuma, die meester van klou aan ‘n wolkombers.

Wondermaarnet ·

Nee wat sy speel vir tyd, want sy word dan betaal om by die huis te sit en nou het sy éérs baie tyd om te kyk wie sy kan karnuffel om nog meer geld te kry.

SjN ·

Die kaders klou aan die soustrein en sal nie bedank nie, volg hul leiers se voorbeeld.

Danie ·

Ou Ramaja gaan haar help net soos die rusbank skandawel.Sy sal nooit die binnekant van n polisiesel of gevangenis sien nie.Sy weet te veel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.