ʼn Buiteperd-speler het Donderdagaand sy opwagting by Die Brug se Houthuis gemaak.
Lees meerAlles vir Donderdag 16 November 2023
Kommer oor toenemende teistering van pelsrobbe
In Januarie vanjaar het vier mans ʼn Kaapse pelsrob op die strand naby Khayelitsha vasgekeer en met klippe bestook in ʼn poging om die dier dood te maak. Die rob moes kort ná die aanval van kant gemaak word.
Man se liggaam gevind ná motor by Voëlklip afstort
Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê die George-polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.
Gautengers teen ernstige donderstorms gewaarsku
Volgens die SAWD word erge donderstorms Donderdagaand oor dele van Gauteng tot by die suidelike dele van die Tshwane-metro voorspel.
Padwoede-voorval: Siviele eis teen waarnemende regter ingedien
Daar word beweer dat Pretorius en die advokaat uit hul voertuie geklim en mekaar gekonfronteer het. Pretorius voer aan dat die advokaat hom toe met ʼn skerp voorwerp in die nek gesteek het, waarna hulle handgemeen geraak het en hy ook in sy been gesteek is.
Vrou vas wat glo familielede vir versekeringsuitbetalings vermoor
“Die moord wat aanvanklik as ʼn ‘natuurlike dood’ verklaar is, het in Mmabatho in Noordwes plaasgevind toe ʼn familielid [vrou] in Maart vanjaar onder geheimsinnige omstandighede gesterf het.”
SA moet diplomatieke bande met Israel én Palestina behou
“Wanneer die ANC en hul gevolmagtigdes na Gaza kyk, sien hulle nie menslike tragedie nie, hulle sien ʼn politieke geleentheid,” sê Powell.
Seun verdwyn in see by Velddrift
“Daar was egter na ʼn lang en uitgebreide soektog geen teken van die kind nie,” sê Lambinon.
Gelofteweek vanjaar met reusepret ingelei
Toneelstukke, musiek, nagtoere, wynproe én stalletjies is alles op die Voortrekkermonument se Gelofteweek-spyskaart.
Matrieks verskil oor Rek-vraestel
Matriekleerders het uiteenlopende menings oor die tyd wat toegeken is om Donderdag se rekeningkundevraestel te voltooi.
ToekomsVenster: Hoe gemaak met 2023?
Vier wat goed was en is, en vergewe jouself soos God vergewe vir wat minder aangenaam was.
1962-Ferrari haal tweede hoogste prys nog op veiling
Die legendariese Scuderia-renmotor, onderstel 3765, het ʼn vierliterenjin wat 390 perdekrag lewer.
Perd maak amok op vliegtuig
“Daar is geen probleem met die vlug nie, maar ons moet terugkeer New York toe. Ons kan nie weer die perd vasgemaak kry nie.”
Kodering en robotika: Hoe berei ons voor vir 2024?
Hier is hoe jy jouself en die jongklomp kan voorberei vir 2024, asook meer inligting oor wat in kodering en robotika geleer sal word.
Beurtkrag: Fase 3 tot Saterdag
Hier is die beurtkragskedule vir die naweek.
Nóg ʼn motor oor die kranse by Voëlklip
ʼn Inwoner van die omgewing wat agter die voertuig gery het, het aan Maroela Media gesê die motoris het oënskynlik bloot by die afgrond afgery.
Dankie tog vir David!
David Miller se vegtersbeurt van 101 lopies het darem gesorg dat Suid-Afrika ʼn rapsie meer as 200 lopies op die telbord in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Australië het.
Amore Bekker sê ‘werkloosheidsyfer onder beskermengele hoog’
“Het jy al ʼn engel gesien?”
Video: Ná opehartchirurgie dans klein Sion nou deur die lewe
Vir só lank het Angelique en Shane Chawner (albei 35) van Ermelo gehunker na ʼn kind van hul eie en 15 jaar lank het hul arms leeg gebly. Ná agt miskrame het hulle besluit om op te hou probeer. En toe kom hul reënboogseuntjie.
Kantoorhoof van Gift of the Givers in Gaza dood
“Ons is dankbaar dat hy ons vir veertig opeenvolgende dae gedurende hierdie oorlog gedien het.”