1962-Ferrari haal tweede hoogste prys nog op veiling

Die 1962 Ferarri 250 GTO wat vir $51,7 miljoen opgeveil is. (Foto: RM Sotheby’s/Twitter)

ʼn 1962‑Ferarri 250 GTO het die tweede hoogste prys nog vir ʼn motor op ʼn veiling gehaal.

Die supermotor is Maandag in New York vir $51,7 miljoen (amper R1 miljard) opgeveil, het Sotheby’s aangekondig. Die helderrooi renmotor was die afgelope 38 jaar in ʼn Amerikaanse versamelaar se besit.

ʼn Mercedes 300 SLR Uhlenhaut Coupe is in 2022 vir €135 miljoen (meer as R2,6 miljard teen vandag se wisselkoers) opgeveil.

Sotheby’s het verwag dat die Ferrari minstens $60 miljoen sou haal.

Die legendariese Scuderia-renmotor, onderstel 3765, het ʼn vierliterenjin wat 390 perdekrag lewer.

Volgens Sotheby’s het die Ferrari destyds tweede geëindig in ʼn 1 000 km-wedren op Nürburgring in Duitsland en dit is in die 24 Hours of Le Mans-wedren bestuur voor dit weens enjinprobleme onttrek moes word.

Die motor is later vir wedrenne in Italië en Sicilië gebruik voor dit in die laat 1960’s verkoop en na die VSA uitgevoer is.

Die 250 GTO is oor die jare verskeie kere herstel en opgeknap en het verskeie Amerikaanse eienaars gehad voordat dit in 1985 in ʼn versamelaar van Ohio se besit gekom het en hy dit Maandag opgeveil het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Witwax ·

Ek kan vir my n goeie son paneel sisteem op sit by my huis met daai geld.

Willem ·

Hierdie en die Ferrari F 40 – 1990 – mooiste Ferrari’s tot op hede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.