Nóg ʼn motor oor die kranse by Voëlklip

(Argieffoto: NSRI)

Reddingswerkers het Donderdag nog onverpoos gesoek na ʼn voertuig wat Woensdagaand oor die afgrond by Voëlklip naby Heroldsbaai gestort het.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê die polisie in George is omstreeks 19:00 ingelig dat ʼn motor oor die berugte afgrond gestort het.

ʼn Inwoner van die omgewing wat agter die voertuig gery het, het aan Maroela Media gesê die motoris het oënskynlik bloot by die afgrond afgery.

Die inwoner kon nie sien of daar meer as een persoon in die voertuig was nie.

“Die motor het nie besonder vinnig gery nie en was reg voor ons motor. Die volgende oomblik is hy reg oor die krans … sommer net so,” sê die inwoner.

Soek-en-reddingswerkers en verskeie nooddienste is dadelik na Voëlklip ontbied en daar is dadelik met ʼn soektog begin.

Dit is Donderdagoggend hervat nadat geen spoor van die voertuig gevind kon word nie en duur in hierdie stadium steeds voort.

Verskeie soortgelyke voorvalle het die afgelope paar jaar talle lewens geëis.

Voorheen is berig ʼn vrou se liggaam is in Januarie vanjaar uit die water by Voëlklip gebring. Nóg ʼn motor het hierna in Junie oor die kranse gestort.

Dit is ook hier waar Heidi Scheepers (35) en haar twee jong kinders, Cozette en Hugo, in 2019 dood is toe hul Volkswagen Caravelle oor die afgrond gestort het.

Die plaaslike munisipaliteit het reeds in Maart 2021 houtpaaltjies langs die grondpad by Voëlklip aangebring in ʼn poging om motoriste te keer om by die afgrond af te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lizl ·

So hartseer! Ek ken glad nie die omgewing nie…is die afgrond op n draai? Is dit direk in lyn met die pad, of moet mens afdraai van die teerpad af? Maw, kan mens per ongeluk daar afry, of moet dit doelbewus wees? Ai, die plek eis darem baie lewens!

M ·

Sulke situasies in hartverskeurend !!! Wat my nog méér ontstel is die geskrewe woorde
” Sommer nét so” Jhô,jhôjhô…… na al die heelwat selfde gebeure die afgelope paar maande, moet “iemand” groooot (sic) asseblief iets aan die veiligheids-strukture doen …. sodat sulke dinge asseblief nie “Sommer net so” kan gebeur nie.

Wondermaarnet ·

Is daar GEEN manier om daardie stuk pad veiliger te maak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.