Brendan Peyper is ʼn paar treë nader aan liefde nadat hy besluit het om nie een nie, maar twee dames huis toe te stuur. Moenie hier lees as jy nog nie die jongste episode van “Op my eish!” gekyk het nie!
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Januarie 2024
Rentekoersdalings nodig om ekonomie hupstoot te gee
“As jy vir Suid-Afrika se oorbelaste verbruikers vra wat ʼn Desember-VPI van 5,1% of ʼn onveranderde repokoers vir hulle beteken, is die antwoord waarskynlik ‘niks nie’.”
Geen verligting vir SA’ners wat hul tot benoude skuld wend
“Verbruikers het hulle tot skuld gewend om óf hul maandelikse betalings te maak óf bestaande skuld af te betaal. Hierdie soort benoude skuld is ‘n aanduiding van ‘n nasie in diep moeilikheid, aangesien dit mense in ‘n bose kringloop vasvang om hul skuld met meer skuld af te betaal.”
Groot oorwinning vir Sunfield Home in hof
’n Kansellasie van die subsidie, wat moontlik tot die hervestiging van al die tehuis se kwesbare inwoners kon lei, het die tehuis in die gesig gestaar.
Wiele2Wiele ry met vyfdeur-Jimny
Wiele2Wiele gaan ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny, vertel jou oor Stellantis se toekomsplanne en sluit die 2024 Dakar-veldtydren af met ’n opsomming.
Wen ʼn Valentynsdag saam met jou geliefde!
Maroela wil graag twee van ons lesers elkeen met R1 000 kontant bederf sodat jy en ʼn geliefde dié jaar Valentynsdag sommer behoorlik kan vier.
ASLC win regsadvies in oor hul onwettige BEE-vereistes
“Intussen bly ons eis dat die ASLC die misbruik en manipulasie van lisensieprosesse vir doeleindes van BEE onmiddellik staak. Die ASLC se optrede is buite sy magte, ongrondwetlik en onregmatig.”
Geen borgtog vir man wat glo brand stig
Die man staan tereg op aanklag van brandstigting en die moord op 76 mense.
Amerikaanse kongreslede ‘gewalg’ deur SA se volksmoordsaak
“Terwyl Suid-Afrika skaars erkenning gee aan die Hamas-terroriste wat op 7 Oktober onskuldige burgerlikes vrolik uitgemoor, vermink, verkrag en ontvoer het, maak Suid-Afrika uiters ongegronde en lasterlike aanklagte teen Israel op die wêreldtoneel […].”
Rentekoers bly onveranderd
Dit bied egter skrale verligting vir diegene wat op ʼn daling gehoop het, en steeds onder die huidige hoë koers steier wat sedert November 2021 met 475 basispunte gestyg het.
ToekomsVenster: ’n Hoopvolle toekoms
Gister is water onder deur die brug, word gesê. Moenie jou tent daar opslaan nie. As jy moet vertoef, kap die tentpenne liggies in. Môre kom die son weer op.
Verkiesing: Duisende ekspats al geregistreer
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon kan hierdie naweek by Suid-Afrika konsulate, ambassades en hoë kommissariate in die buiteland registreer om later vanjaar hul kruisie vanuit die vreemde te trek.
Pak daardie skoolkosblik reg
Hier is ʼn paar brokkies raad vir ouers oor hoe om ʼn ideale skoolkosblik te pak.
Komani-DBV oop; onderhandelings duur voort
Terwyl die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NRDBV) in samesprekings met die munisipaliteit in Komani gewikkel is, wil Mike Bolhuis, private ondersoeker, die raad ondersoek.
Aansoek in Konstitusionele Hof plaas druk op provinsiale referendums
Hoewel Kaapse Forum se hofaansoek om die Wet op Referendums as ongrondwetlik te laat verklaar nie nou aangehoor sal word nie, sê dié burgerregteorganisasie dat daar nou wel nog meer druk is om premiers die mag te gee om provinsiale referendums uit te roep.
Blitsbokke wil presteer in Perth
Volgens Selvyn Davids bied die besige seweskalender die spelers ʼn unieke geleentheid om die wêreld te sien, maar die Suid-Afrikaanse sewesspan is hoegenaamd nie met vakansie in Perth nie – hulle wil op die rugbyveld wen.
Mening: ʼn Vol naweek van sportvreugde en trotse mylpale
Volpunte… ja, vyf uit vyf Suid-Afrikaanse spanne sal aan die Europese Kampioenskap en die Europese Uitdaagreeks deelneem.
Alcaraz kyk vorentoe ná nederlaag
Carlos Alcaraz meen dat hy doodeenvoudig beter sal moet speel wanneer sy teenstanders hom onder druk plaas.
Bittereinders-direkteur is ‘held’; wou glo aanranding keer
Francois van der Merwe, ʼn direkteur van die Bittereinders-beweging wat van die aanranding op ʼn polisiebeampte beskuldig word, het glo eintlik die verdere aanranding van iemand anders probeer verhoed.
‘Platgeslaan’ ná gr. 7-leerder op skooluitstappie verdrink
Na verneem word, het Laerskool Queenswood in die Pretoriase Moot hul nuwe leiers vir 2024 Saterdag op ʼn daguitstappie na die Wag-ʼn-bietjie-kampeerterrein geneem.