Tuks se vyfde Varsitybeker-titel Maandagaand bring mee dat elke nasionale titel nou in Loftus se glaskas pryk.
Lees meerAlles deur die skrywer Wim van der Berg
Mening: Ondanks al die ontwrigtings gaan dit goed met ons sport
So tussen die gepolitiekery en geknoei wat krieket al baie maande (jare?) teister, die voortdurende verlies aan rugbyspelers wat oorsee hul inkomste gaan aanvul en die Covid-pandemie wat op sportgebied steeds sy tol eis, gaan dit goed met ons voorste sportspanne.
Meningstuk: Roei tog dié rugby-irritasies uit!
Wim van der Berg ondersoek dié sport se irritasies in sy jongste meningstuk.
Groot gees in rugbygeledere oorlede
Robert Denton, voormalige sekretaris van die Noord-Transvaalse Rugbyunie (NTRU), is Maandagaand in Pretoria oorlede.
Mening: Dís mos wat outydse veggees kan vermag!
Sommer so uit die vuis uit het ek na afloop van dié reeks onwillekeurig teruggedink aan van die groot verrassings in ons sportverlede wat aan Suid-Afrika se erkende veggees toegeskryf kan word, skryf Wim van der Berg.
Mening: Onvergeetlike jaar met heelwat goed en sleg
ʼn Uiters uitdagende en ook frustrerende 2021 vir Suid-Afrikaanse sportspanne en -spelers in feitlik alle sportsoorte en op alle vlakke staan einde se kant toe.
Mening: Opwaartse kurwe vir SA-krieket ondanks onlangse glipse
ʼn Land se krieketkrag kan nie net op sy tref-en-trap T20-sukses gebaseer word nie, maar tog het die amper verwagte neerlaag verlede naweek in dié formaat se Wêreldbekertoernooi teen Australië seergemaak.
Waarskuwingsligte ná Europese skok
Daar is geen verskoning nie, net waarskuwingsligte, ná Suid-Afrika se voorste drie spanne in hul Europese buiging deur hul teenstanders afgeslag is.
Mening: Frustrasie maak plek vir hoop en voorspoed
Die afgelope twee maande of so was in alle opsigte, en boonop in vele sportsoorte, ʼn interessante, dikwels ook irrasionele, en in die twee Australasiese rugbylande selfs woede-gevulde tydperk wat jou kopskuddend laat wonder of sport in die eerste plek wérklik oor spelers se eie genot en dié van hul ondersteuners gaan.
Mening: Die Bokke veg Saterdag ook teen die geskiedenis
Dit het nog nooit gebeur dat die Springbokke die eerste toets van ʼn tuisreeks verloor en dan die reeks wen nie. Om die geskiedenis teen die 2021 Britse en Ierse Leeus om te keer, beteken dit eenvoudig dat die Bokke Saterdag móét wen.
Britse en Ierse Leeus: Skandes en skitterspel deur SA se oudste toetsvyand
Yslike groepsgevegte op die veld, vandalisme in hotelle, doelbewuste, geteikende beskuldigings teenoor die Britse en Ierse Leeus se grootste sterre deur tuisspanne, die gewone “onskuldige” kattekwaad van rugbymanne op toer, en van die beste rugby wat nóg in Suid-Afrika gesien is …
Baie rugby, te min spelers en groter uitgawes
Dit wat van Junie tot die einde van die jaar op die Springbokke, Junior Springbokke en die franchises wag, sal groot eise aan ons spelers, hul afrigters en ook aan die franchises en SA Rugby se bankstate stel.
Mening: Is die vroeë druk, verwagtinge op skolevlak goed vir rugby?
Oordoen ons nie ons skolerugby nie? Neem ons nie die lekkerte van rugbyspeel weg met die oormatige klem op oorwinning nie? Verwag ouers nie te veel van hul kinders nie?
Mening: Bestuur én finansiering nodig vir sukses en nuwe sterre
Gaan krap maar in die argiewe, hier en oorsee, en jy sal sien dat die beste spanne op alle vlakke hul sukses te danke het aan goeie spelers, goeie afrigters en goeie bestuur.
Daar moet oor skrums en skoppe besin word
Rugby kan ʼn wonderlike spel vir spelers en toeskouers wees. Maar dan sal daar dringende aandag aan ʼn paar reëls en hul toepassings, en ook aan ander aspekte, gegee moet word, skryf Wim van der Berg.
Mening: Bulle se vreugde en rede vir optimisme vir SA-klubrugby
Kyk ook sommer na wat op Loftus aangaan waar daar tans vier trofeë in die land se belangrikste vier kompetisies pryk: Die Super Rugby Unlocked, die Curriebeker, die o. 21-Kampioenskap se beker en ook dié vir die o. 19’s wat in 2019 gewen is toe hulle laas gespeel het.
Mening: Ligpunte, gevaartekens en swak bestuur
Die ou-ou gesegde dat ʼn vis van sy kop af vrot, geld by heeltemal te veel van Suid-Afrika se 14 unies wat reeds vóór die Covid-19-pandemies op hul knieë was of binnekort sal wees.
Mening: Die Curriebeker bly maar dié kompetisie
Dit blý maar dié kompetisie vir die ware rugby-entoesias, ongeag mense wat dit afkraak as ʼn tweederangse toernooi.
Mening: Bok-venyn, onwaarhede van oningeligte Aussies
Dit was seker nie ʼn maklike besluit vir Rassie Erasmus, Jacques Nienaber en Saru nie, maar dit was tóg die regte.
Bulle reeds op rugby se pad van verandering
Suid-Afrika sal toenemend op spelers se liefde vir rugby moet begin staatmaak as hy wil verhoed dat die spel hier by ons doodloop.