“Sy sê sy het nie bedoel om my gevoelens seer te maak nie, maar wat het sy dan bedoel? Mens kan mos nie binne twaalf uur so vinnig jou tune verander nie.”
Lees meerAlles vir Donderdag 29 Junie 2023
Virgin reik na die sterre met kommersiële ruimtevlugte
Virgin Galactic het Donderdag amptelik met kommersiële ruimtevlugte begin.
Kaapstad besig met grootste riool-opgraderingsprojek
Nuwe tegnologie word ingespan om die projek so vinnig as moontlik af te handel.
Publiek genooi om sê te sê oor fluitjieblaser-wetgewing
“Deur ʼn kultuur van deursigtigheid en aanspreeklikheid kan ons ʼn beter toekoms vir almal bou.”
VSA-hof verbied ras as faktor vir universiteitstoelating
“Nou sal studente kan meeding gebaseer op gelyke standaarde en individuele meriete.”
Planne om TMPD reg te ruk
“Elke organisasie en departement moet waarskynlik soms vrot appels hanteer, maar daar is bloot te veel voorbeelde in die TMPD om dit as die uitsondering te hanteer. Ons moet die realiteit besef en dienooreenkomstig optree.”
ToekomsVenster: God maak ’n pad deur die see
Skep moed, die laaste bladsy is nog nie geskryf nie!
Rohan Britz sing diep woorde in danssnit
“Ek mis jou” is ʼn heerlike dansliedjie, maar met lirieke wat Rohan na aan die hart lê.
Stappe beplan ná o.16’s rugbytoernooi-finaal kwyt is oor ‘raskwotas’
Die Westelike Provinsie is sy plek in die hoofwedstryd van die o.16- Grant Khomo-rugbyweek in Paarl kwyt nadat ʼn noodgedwonge onttrekking van twee van sy spelers veroorsaak het dat hy te veel wit spelers op die veld gehad het.
Taalgebruik: s’n, sin
“S’n” en “sin” gee heel dikwels probleme vir gebruikers van Afrikaans.
Ramaphosa skors twee regters
Die twee regters het tientalle uitstaande uitsprake wat lankal die tydsbeperkings wat deur die geregtelike norme en standaarde voorgeskryf word, verbygesteek het.
Van der Walt sluit by Bulle aan
Jaco van der Walt, die voormalige Lions- en Edinburgh-losskakel, maak sy terugkeer na Suid-Afrikaanse rugby nadat hy die afgelope jare in Skotland gespeel het.
DA vaar goed in vier tussenverkiesings
In die afgelope 13 tussenverkiesings het die DA groei van byna 20% getoon.
Groot soektog ná stom seuntjie verdwyn
Die seuntjie het ongeveer twee weke gelede uit sy huis verdwyn.
Frankryk ontplooi 40 000 beamptes oor opstande
Franse het in groot getalle begin opruk nadat ʼn polisiebeampte ʼn tienerseun Dinsdag doodgeskiet het nadat hy glo van ʼn verkeersbeheerpunt buite Parys probeer vlug het.
Lyk mooi met dié grimeerwenke vir brildraers
Van ons gebruik ons bril as verskoning om nie moeite met ons voorkoms te doen nie, maar kenners meen jou bril hoef nie jou grimering te kelder nie.
Driekuns vir Toyota by berugte Safari Rally Kenia
Renjaers en navigators is vanjaar tot die uiterste getoets tydens 19 uitmergelende skofte.
Luister: Liefde blom steeds vir akteur Francois en sy Nykie
“Ek was enkellopend en die vervaardigers het toe gevra of ek nie die sogenaamde ‘bachelor’ wil wees nie. Aanvanklik het ek nee gesê.”
Slyp jou tande vir Sharkfest
Met behulp van die jongste tegnologie sal kenners kykers vermaak met vier weke van programme wat die wetenskap, krag en skoonheid van ʼn besonderse spesie uitbeeld.
Reeks delf diep in harte, psige van SA se invloedrykes
Beukes deel die onvertelde stories wat onder die oppervlak van sukses lê, wat gehore sal inspireer, bemagtig en vir altyd sal verander.