Van der Walt sluit by Bulle aan

Jaco Van der Walt (Foto: Thibaud MORITZ/AFP)

Jaco van der Walt, die voormalige Lions- en Edinburgh-losskakel, maak sy terugkeer na Suid-Afrikaanse rugby nadat hy die afgelope jare in Skotland gespeel het.

Die Bulle het bekend gemaak dat Van der Walt voortaan Loftus Versfeld sy tuisveld sal noem. Van der Walt het vir die Leeus gespeel wat die Superrugby-eindstryd in 2016 gehaal het.

Kutha Mchunu, wat voorheen vir die Cheetahs en die Haaie gespeel het, het intussen ook by die Bulle aangesluit.

Die jongste toevoegings kom nadat dit ook bekend gemaak is dat Stravino Jacobs, oftewel “Rocket Man”, hom vir ʼn verdere vier seisoene tot die Bulle verbind het.

Stravino Jacobs (Foto: GB Jordaan)

Jacobs, wat aanvanklik in 2020 by die Bulle aangesluit het, was tot Junie 2024 gekontrakteer, maar sal nou tot Junie 2027 aanbly.

Die 23-jarige Jacobs se rugbyloopbaan het op indrukwekkende wyse op Loftus begin met twee Curriebeker-trofeë in sy 35 verskynings vir die ligbloues. Hy het in Januarie ʼn ernstige enkelbesering opgedoen tydens die Verenigde Rugbykampioenskap.

Jacobs het gesê die besluit om sy kontrak te verleng was ʼn maklike een.

“Ek weet waar ons as ʼn span is en waar ons wil wees, en ek is vol vertroue dat ons dit gaan bereik omdat ons almal dieselfde begeerte en honger na sukses deel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.