Groot soektog ná stom seuntjie verdwyn

Enhle Maneli het op 17 Junie verdwyn. (Foto: SAPD)

ʼn Uitgebreide soektog is steeds onderweg na ʼn sewejarige seuntjie wat op 17 Junie uit sy huis in die Covid- informele nedersetting in Mfuleni naby Kuilsrivier verdwyn het. Enhle Maneli is stom.

Volgens sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het Enhle tydens sy verdwyning ʼn blou kappietop, rooi broek en bruin skoene aangehad.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in Kuilsrivier versoek nou ook hulp van lede van die publiek om die kind op te spoor.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, konst. Prerry Notshokovu, by 082 522 1038 of 082 522 1074 bel.

Inligting kan ook by die Stop Misdaad-hulplyn by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hendrik ·

Ag Here, hoekom is hierdie land se mense so wreed teenoor kinders? Bewaar hom tog asseblief!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.