Slyp jou tande vir Sharkfest

(Foto: National Geographic Africa)

Meeste mense kry koue rillings as hulle aan haaie dink, maar daar is baie te leer oor dié spesie.

Daar word beraam dat daar moontlik minder as 3 500 grootwithaaie in die natuur oor is en dié spesie is op die rand van uitwissing indien daar nie drasties opgetree word om hulle te red nie.

Kennis is mag, en daarom is National Geographic se jaarlikse Sharkfest-reeks so belangrik en baie gewild onder kykers.

Met behulp van die jongste tegnologie sal kenners kykers vermaak met vier weke van programme wat die wetenskap, krag en skoonheid van ʼn besonderse spesie uitbeeld.

Sharkfest begin vanjaar op tuisbodem met ʼn spesiale dokumentêre fliek wat aan die kus van Suid-Afrika verfilm is. Tydens National Geographic se bekendstelling Woensdag by die Cabo Beach Club in Kaapstad is verslaggewers bederf met ʼn voorsmakie van dié kortfliek, Shark Eat Shark.

Reg oor die wêreld was daar berigte van ʼn toename in haaie wat ander haaie aanval. ʼn Nuwe brandpunt het ontstaan – aan die kus van Mosselbaai.

Wetenskaplikes het met ʼn nuwe teorie vorendag gekom dat grootwithaaie nie eintlik agter die robbe aan is nie. Hul dieet het die wetenskaplikes verstom gelaat.

Enrico Gennari en Lacey Williams het die ondersoek gelei om daadwerklike bewyse te bekom dat haaie inderdaad ander haaie eet.

Shark Eat Shark is Saterdagaand 1 Julie om 18:45 te sien.

Sharkfest verken ook die waters in Cape Cod, Florida, Hawaii, New York, Suid-Carolina en Australië, die Bahamas, Kanada, Indonesië, die Verenigde Koninkryk en meer.

Skakel in vir ʼn wêreldwye onderwater avontuur!

Skakel van 1 Julie af elke Saterdag- en Sondagaand om 18:00 op National Geographic Wild (DStv-kanaal 182, Starsat 221) in vir Sharkfest.

Dit is iets wat jy nie wil misloop nie!

Buiten Sharkfest op National Geographic Wild kan jy ook deur die loop van die maand op National Geographic Africa se YouTube-kanaal inskakel vir Azilali, They Do Not Sleep, ʼn fliek deur Faine Loubser, en Sophu Qoma se fliek, Breaking the Surface: Diversity in the Ocean and Marine Ecosystem.

Vir meer inligting oor Sharkfest en om meer inhoud te bekom oor haaie insluitend feite, foto’s en video’s, klik hier.

Sharkfest-program

  • Return of the White Shark

Saterdag 1 Julie om 18:00

  • Shark eat Shark

Saterdag 1 Julie om 18:45

  • When Sharks Attack … and Why (agt episodes)

Sondag 2, 9 en 16 Julie om 18:00 en 19:00

Sondag 23 en 30 Julie om 18:00

  • When Sharks Attack 360 (ses episodes)

Sondag 2, 9 en 16 Julie om 20:00

Sondag 23 Julie om 19:00 en 20:00

Sondag 30 Julie om 19:00

  • Bull Shark Bandits

Saterdag 8 Julie om 18:00

  • Shark Belo Zero

Saterdag 8 Julie om 18:45

  • Saved From a Shark

Saterdag 15 Julie om 18:00

  • Bull Shark vs. Hammerhead

Saterdag 15 Julie om 18:45

  • Sharks vs. Dolphins: Bahamas Battleground

Saterdag 22 Julie om 18:00

  • Sharkcano: Hawaii

Saterdag 29 Julie om 18:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.