Die 62 meter hoë staalbeeld van ʼn vrou met ʼn skild waarop die hamer, sekel en ʼn swaard verskyn, is in 1981 opgerig as ʼn gedenkteken tot Sowjet-oorwinning in die Tweede Wêreldoorlog.
Lees meerAlles vir Dinsdag 1 Augustus 2023
Beroep op regering en verbruikers gedoen oor voedselsekerheid
“As ons verbruikers môre wil eet, sal hulle moet help om vandag die boer se lewe te beskerm.”
NWU hou aanlyn klas oor NSFAS-probleme
Die laatbetalings het Maandag tot gewelddadige betogings op die kampus gelei.
Chevonne-saak: Ma ‘doen naels, rook’ terwyl kleuter om lewe veg
Die getuienis wat reeds teen Rochelle Botha en Stefan van Niekerk gebring is, skets nie een van ʼn liefdevolle gesin nie. Twee getuies beweer Chevonne Rusch se realiteit was eerder stories van dwelmmisbruik, mishandeling en verwaarlosing voor haar moord op 11 Mei 2022.
Blouligskandaal: Hof wys aansoek van die hand
Die groep staan tereg op aanklag van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery.
Wes-Kaap versoek provinsiale ramptoestand vir landbou
Skade aan landbou-infrastruktuur word beraam op meer as R1 miljard deur die departement van landbou.
ToekomsVenster: Doen wat jou hande vind om te doen
Die Here se woorde “seun, gaan werk vandag in my wingerd” het betrekking. In die wingerd is daar ʼn veelheid van take wat verrig moet word.
Stakers neem Tshwane op horings
“Ek het dus die besluit geneem om almal te identifiseer wat aan hierdie onwettige staking deelgeneem het, wat nou die risiko loop om afgedank te word.”
‘Hartklop’ is ‘mediese drama, nie dokumentêr’ sê skrywer
“Ons kon die meeste van die mediese gevalle ook nie eers gebruik nie – dit was hopeloos te hartseer.”
Globale ekonomiese groei afwaarts aangepas
Die IMF het in ʼn nuwe verslag die verwagte globale ekonomiese groeikoers van 3,5% tot 3% vir 2023 afwaarts aangepas en na ʼn skamele 0,3% vir Suid-Afrika in 2023.
Fase 4 weer hier
Eskom het ’n kort rukkie gelede aangekondig dat fase 4 om 16:00 geïmplementeer sal word.
Orrelis improviseer ‘The Phantom of the Opera’ in Aardklop-uitvoering
Terwyl die gehoor na die rolprent kyk, improviseer Zorada Temmingh op ʼn verskeidenheid bekende 19de-eeuse operamusiek.
Pasop! Só teiken kubermisdadigers kwesbare troeteldierliefhebbers
“Ons het tans ‘n geval van ’n rasegte hondjie wat vir R5 800 geadverteer word, maar die kopers het tot op hede meer as R100 000 vir hierdie hondjie betaal.”
Twitter-voëltjie vir natuurbewaring gebruik
Die verandering van Twitter se naam en logo na “X” het opslae gemaak en die World Wild Fund for Nature (WWF) in Duitsland het besluit om ook by die gesprek aan te sluit.
‘Kill the Boer’: Gesoute regspan sal Malema in appèlhof pak
AfriForum het reeds ’n gesiene senior advokaat en regspan aangestel om Julius Malema in die appèlhof in Bloemfontein tot verantwoording te roep vir sy sing van die lied “Kill The Boer”.
SA trek groot voordeel uit Agoa-ooreenkoms
Suid-Afrika het verlede jaar na raming R178 miljard se uitvoere na die VSA gehad, waarvan 20% voordeel getrek het uit die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (bekend as die Agoa-ooreenkoms).
Jou gemeenskap het ’n skrywer soos jy nodig!
Wou jy nog altyd ʼn verskil in jou plaaslike gemeenskap maak? Wil jy stories vertel wat vir jou dorp, skool of gemeente belangrik is? Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap? Kom leer dan hóé met ons splinternuwe Skryf vir Gemeenskapsmedia-kursus.
BMW se sterkste model nóg
BMW het ʼn puik advertensieveldtog gehad nie te lank gelede nie: M – the most powerful letter in the world. Ek is geneig om…
Renosterstropery: Syfers daal, maar stryd nog lank nie verby
Luidens die departement se statistieke is altesaam 231 renosters in die eerste ses maande van dié jaar vir hul horings doodgemaak.
Bokke maak gereed vir nog ʼn vurige stryd
“Dit is nooit maklik om in Argentinië te speel nie. Tog bied die wedstryd ʼn geleentheid vir die spelers om onder druk hul staal te wys en dit maak ons opgewonde.”