Die Swartland-munisipaliteit én die Kaapstadse metro is uitgesonder vir buitengewone dienslewering.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Wes-Kaap"
Camino verken wonders van Klein-Karoo se sandsteenkerke
Dié Camino is ʼn unieke staproete wat pelgrims nie net met die verlede gaan verbind nie maar ook met hulself en mekaar.
Foto’s: Strandfontein is ene sonskyn, samesyn
Daar is nie ʼn beter wegbreekplek vir die hele gesin as Strandfontein nie.
Wes-Kaap verklaar interregeringsdispuut oor salarisse
“Gee ons ons R1,1 miljard of ons sien julle in die hof.”
‘Sluit Wes-Kaap se grense’
Die nuwe enkelsaakparty voer aan dat grootskaalse onwettige grondbesetting die provinsie lamlê en as dit onafhanklikheid kan geniet, kan dié probleem uit die weg geruim word.
Winde kan ʼn referendum uitroep as hy wil
Die DA bevind hom op een of ander manier in ʼn uiters konserwatiewe regsposisie. Een waar hy poog om feitlik geen grense te verskuif om regspraak te ontwikkel in ʼn rigting wat meer bevorderlik is vir desentralisasie nie – dit wyl hy homself as Suid-Afrika se voorste federalistiese party beskou.
Elke 12 maande wink iets nuut op Babylonstoren
“My skoonsus en haar man kom kuier een maal per jaar van Brittanje. Daar is natuurlik al die gewone dinge waarna hulle verlang: boerewors, blatjang, biltong. Maar elke keer wil hulle ook teruggaan Babylonstoren toe.”
Terapie op branderplanke bring hoop vir kwesbare kinders
Selfvertroue, respek, hoop en ʼn gevoel van hoe dit is om deel te wees van ʼn omgee-gemeenskap; dit is die waarde van branderplankryterapie.
Foto’s: Stap kaalvoet in Riebeek-Kasteel
Bekroonde wyne en wêreldklas olywe maak nou wel hierdie hoekie van die Swartland spesiaal, maar glo my daar is hope ander redes waarom jy in die Riebeekvallei wil kom uithang.
Kyk: Pikkies sterk goed aan ná Kaapse storms
Die nat wintermaande langs die suidwestelike kus van die land het onder meer veroorsaak dat pikkewynneste verspoel en volwasse pikkewyne hulle kuikens verlaat het.
Wetsontwerp oor selfbeskikking kry momentum
ʼn Wetsontwerp wat poog om die inwoners van die Wes-Kaap as ʼn eiesoortige nasie te laat verklaar wat die reg op selfbeskikking het, is besig om momentum te kry.
Kaapse radiostasies kuier by Klankgolf-radioseminaar
“Elkeen het ʼn plek van invloed gekry, selfs al is dit soms sonder titel of ʼn begroting. Jou verantwoordelikheid is om dinge beter te los. Met die impak wat jy kan maak en die invloed wat jy het, kan jy mense saam neem om ʼn ware verskil te maak.”
Kabinet: ‘Gʼn ruimte vir Wes-Kaap om af te stig’
“Die kabinet het opgemerk dat hierdie konsepwetsontwerp ’n poging is om terug te keer na die Demokratiese Party [voorloper van die Demokratiese Alliansie] se verkose federale benadering wat poog om ’n verenigde en inklusiewe Suid-Afrika te ondermyn.”
Wes-Kaapse wegbreek bied Groot Vyf, wyn en jenewer
Wildkyk is een van die groot plesiere wat ons in Afrika kan geniet en as jy boonop in die Kaapprovinsie tussen leeus en jagluiperds ook nog ʼn hele gros olifante en buffels sien, voor jy aan ʼn jenewer teen sononder teug, is die lewe mooi, skryf Maryke Roberts.
Wes-Kaap versoek provinsiale ramptoestand vir landbou
Skade aan landbou-infrastruktuur word beraam op meer as R1 miljard deur die departement van landbou.
Mosselbaai beveg hondsdolheid
Daar het sedert verlede jaar ʼn oplewing in uitbrekings van hondsdolheid in die Oos-Kaap voorgekom en daar bestaan ʼn vrees dat dit kan versprei.
Wes-Kaapse boere ly vloedskade van R1 miljard
Die departement sal verseker dat geraakte produsente toegang tot die beste tegniese inligting deur sy voorligting- en konsultasiedienste kry.
Winde pleit dat SA deel van Agoa bly
Die Wes-Kaapse premier het tydens sy onlangse besoek aan die VSA gesê sy provinsiale regering is skerp gekant teen die Russiese inval van Oekraïne en dat die provinsie bande met die VSA wil versterk.
Wes-Kaapse ouers begin vandag hoor oor skoolplasings
Skole in die Wes-Kaap het die afgelope paar weke reeds hul toelatingsbeleid nagegaan en volgens hul beskikbare kapasiteit skoolplasings vir volgende jaar gedoen.
Wes-Kaapse dorpe dalk gou beurtkragvry
“Ons streef daarna om die eerste provinsie te wees wat beurtkrag wen.”