Die Tafelberg-sweefspoor vier Woensdag sy 94ste verjaarsdag met ʼn spesiale aanbod vir Oktober.
Lees meerAlles vir Dinsdag 3 Oktober 2023
Lande beloof R230 miljard om koraalriwwe te beskerm
“Twaalf miljard dollar is egter ʼn baie klein bedrag om wêreldwyd ʼn impak te maak. Dit sal baie oordeelkundig aangewend moet word.”
E-tol: Leë beloftes vir SA motoriste
“Die irrasionele e-tolstelsel het ʼn onregverdige finansiële las op burgers geplaas, en tog het die regering óf versuim óf geweier om dit te beëindig – ondanks ʼn duidelike besluit ʼn jaar gelede om dit te doen.”
Groot planne vir ou skougronde in Pretoria
Die Pretoria-stadsraad het groot planne in gedagte om die ou skougronde in Pretoria te omskep in ʼn handelsentrum met ʼn hotel en konferensie-, kantoor- en residensiële geleenthede.
Beaumont se uitsprake oor Cilliers Brink ‘kommerwekkend’
“Indien die koalisie nou verkrummel onder die druk van kriminele groepe in vakbonde en politieke geledere, sal alles tot niet gaan.”
14-jarige vas ná noodlottige skietery by Thaise winkelsentrum
Honderde mense het laat spaander toe verskeie skote Dinsdag in die luukse Siam Paragon-winkelsentrum in Bangkok afgevuur is.
ToekomsVenster: Ervaar ware geluk
So ʼn lewe word met die ewige lewe beloon. So ʼn lewe ken vrede te midde van swaarkry, ervaar self warmte en barmhartigheid, so ʼn lewe is geseënd.
Wetsontwerp oor selfbeskikking kry momentum
ʼn Wetsontwerp wat poog om die inwoners van die Wes-Kaap as ʼn eiesoortige nasie te laat verklaar wat die reg op selfbeskikking het, is besig om momentum te kry.
Styging in brandstofprys swaar slag vir verbruikers
“Alle Suid-Afrikaners het ’n lewensvatbare ekonomie nodig om te floreer, en die stygende brandstofkoste wurg ons vooruitsigte.”
‘Groot leemte’ ná oudhoof sterf
“Ek sal enigiets doen om hom net weer eenkeer te hoor sê: ‘Allies, ek is die gelukkigste man om met jou getroud te wees’; ek sou nog net eenkeer vir hom wou sê dat ek vir hom lief is.”
Skerp styging wag op Medihelp-lede
Die prysstyging was allermins ʼn maklike besluit om te neem aangesien Medihelp deeglik bewus is van die uitwerking wat dit op sy lede gaan hê, sê die fonds.
Bejaarde man vermoor terwyl hy tuinwerk doen
John Frank Sergeant het 59 jaar lank in die huis in Rynfield, Benoni, gewoon waar hy vermoor is.
Dupont hoor gou sy lot
Antoine Dupont het al saam met die span begin oefen, maar wag nog vir die groen lig van die chirurg af oor of hy aan die kwarteindstryd mag deelneem.
Foto’s: Plaaslike talent skitter op loopplanke by Paryse modeweek
Natasha Joubert, Mej. Suid-Afrika 2023, was onder drie bekende plaaslike gesigte wat Suid-Afrika se naam tydens die Paryse modeweek hoog gehou het.
SOS se denkvaardigheidstoets lewer interessante resultate
Sommer dadelik het skole laat weet dat kinders wat gewoonlik nie presteer op skool nie, uitstekend gedoen het in die denkvaardigheidstoets.
VSA soek sondebokke ná Ryderbeker se sukkelvertoning
Waar die vaardighede van Europa se niespelende kaptein, Luke Donald, wyd en syd geloof word, is die lang messe uit vir Zach Johnson, kaptein van die Amerikaners se span.
Plaaslike motorverkope sterk, wyl uitvoere struikel
Kyk ook hier wat was die topvyf‑passasiersvoertuie vir September.
SA’ners in Ekwatoriaal-Guinee: Eerste kontak, verlowing ná maande
Peter Huxham, een van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs wat tans tronkstraf in Ekwatoriaal-Guinee uitdien, het vir die eerste keer in sewe maande met sy lewensmaat oor die foon gepraat én haar sommer toe gevra om te trou.
Wees jou eie ‘Mr. Big’ sê ‘Sex and the City’-skrywer
“Die vroue wat ek in Suid-Afrika ontmoet het, was ongelooflik warm en verwelkomend. Hier is ʼn ware gevoel van insluiting wat heerlik is.”
Duisende hektaar in Limpopo deur vlamme verswelg
“Daar is in elk geval niks meer oor om te brand nie. Die veld is afgebrand.”