Plaaslike motorverkope sterk, wyl uitvoere struikel

Suid-Afrika se plaaslike motorbedryf maak staat op twee hoofstrome van verkope – plaaslike verkope en uitvoere. Plaaslike verkope word weer in verskeie kategorieë opgedeel soos eenhede wat deur handelaars verkoop word, aan motorverhuringsmaatskappye of die regering.

Plaaslike verkope het in September effe gestyg teenoor Augustus, van 45 679 tot 46 021 eenhede. Die topvyf‑handelsmerke vir eenhede op eie bodem is:

Toyota12 704
Volkswagen6 316
Suzuki4 478
Ford2 807
Hyundai2 665

Die topvyf‑passasiersvoertuie lyk só:

Volkswagen Polo Vivo2 698
Toyota Corolla Cross2 259
Suzuki Swift1 291
Toyota Starlet1 247
Volkswagen Polo1 148

Die topvyfpresteerders in die ligtehandelsvoertuigsegment lyk só:

Toyota Hilux3 249
Ford Ranger2 413
Toyota Hi Ace1 421
Isuzu D Max1 639
Nissan NP200997

Dit bly vir my ʼn raaisel hoekom Nissan eenvoudig nie vastrapplek in die mark kry nie met sy Navara wat slegs 287 eenhede kon skuif.

Suid-Afrika se sewe motorvervaardigers kon ʼn indrukwekkende 36 247 motors in September uitvoer, ongelukkig ʼn 12,6%-daling teenoor verlede maand se 41 462.

Die topvyf‑uitvoerders vir September lyk só:

Volkswagen11 402
BMW6 230
Toyota6 025
Mercedes Benz5 905
Ford5 536

Volkswagen bou die Polo, BMW die X3, Toyota die Hilux, Mercedes-Benz die C-klas en Ford die Ranger vir uitvoer na meer as ʼn honderd markte wêreldwyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.