Skerp styging wag op Medihelp-lede

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Ook pasiënte wat aan Medihelp behoort sal vanaf begin volgende jaar meer betaal vir hul mediesefondsbydraes. Aansienlik meer.

Medihelp het Dinsdag ’n geweegde gemiddelde verhoging van 15,97% vir alle planne aangekondig. Dit is meer as dubbel die geweegde gemiddelde styging wat Discovery (+7,5%) en Bonitas (6,9%) verlede week bekend gemaak het.

Die verhoging in mediesefondsbydraes tree op 1 Januarie in werking.

Medihelp sê die terugkeer na pre-Covid-voordelebenutting en styging in die koste van sorg, het die verhouding in die koers waarteen eise ingedien word, beïnvloed. Uitsonderlike ledetalgroei het ook druk op die skema se reserwevlakke geplaas.

Medihelp het vanjaar die netto ledeteiken van 100 000 oortref, met 100 198 hooflede, meer as 214 000 begunstigdes, en netto organiese groei van 6,4%.

Johan Viljoen, waarnemende hoofbeampte by Medihelp, sê die prysstyging was allermins ʼn maklike besluit om te neem aangesien Medihelp deeglik bewus is van die uitwerking wat dit op sy lede gaan hê.

Dit is egter “die verantwoordelike besluit” om te neem, verduidelik Viljoen.

Hy sê in dieselfde asem dat Medihelp ook besluit het om nie enige voordele te sny, produkte te verander of lede se voordele te beperk nie. “Dit beteken dat spaarrekeninge en dag-tot-dag- voordele, onder andere, nie verminder sal word nie.”

Hy vestig ook die aandag daarop dat Medihelp aan die einde van 2021 besluit het om die toewysing van opgehoopte reserwes te steun om ekonomiese druk op lede te verlig. Dit het gelei tot verlede jaar se vermindering (0,45%) in mediesefondsbydraes.

“Teen ʼn geweegde gemiddeld van 7,5% was Medihelp se 2023-verhoging ook laer as die bedryfsgemiddeld, wat ʼn baie lae basis bied vir enige toekomstige aanpassings.”

Die Raad op Mediese Skemas (RMS) het vroeër vanjaar aanbeveel dat mediese skemas hul bydraeverhogings vir 2024 tot 5,7% beperk. Viljoen sê nie een van die mediese skemas kon die aanbeveling in werking stel nie omdat mediese inflasie sowat 3% hoër is as die huidige verbruikersprysindeks (VPI) van 4,8%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pietertjie ·

Nee wat, besluite soos hierdie word maklik geneem: aktuarisse bereken hoeveel die aandeelhouers se winste moet styg, en watter deel van die lede die onderskeie verhogings in tariewe sal absorbeer. Hulle bereken selfs hoeveel lede sal afskaal na verminderde voordele. Die res is nog makliker.

Pieter ·

Risiko bestuur, as daar minder risiko’s is, sal die koste laer wees. Op ou einde moet die Fondse ‘n sekere hoeveelheid geld beskikbaar he om wettig te wees. As hulle dit nie maak nie, neem die staat oor en bestuur… Dan is daar jare se politiek en geld ekstra gemors.

Pietertjie ·

Jy bedoel as mense minder eis, is die risiko vir die maatskappy minder. As niemand dus eise indien nie, is die risiko op sy laagste, en winste op sy hoogste… Dus dieselfde storie uit ‘n ander hoek.

Karoo ·

Dit is ongelukkig ‘n besigheid, en hulle moet geld maak terwyl hulle kan. As gesondheid eers deur die staat hanteer word sal hulle ook tot’ n eiende kom. Dis maklik as jy die statestiek het van jou lede, ek ken meer pensionarise wat al 25 jaar plus betaal as jong mense. Ons ruens is teen die muur, ons kan nie nou “uit klim” nie want binnekort het ons dit brood nodig.

Manie ·

Ek stem saam dat besighede moet geldmaak on te kan voortbestaan, maar onbillike winsmarges is uitbuiting. Daar is baie besighede wat die afgelope paar jaar net ou geld vir nuwe geld verruil en nie winsmaak nie.

Prikkie ·

Ek verstaan maar te goed dat dit ‘n besigheid is, en besighede moet geld maak, anders gestel, wingsgewend wees, anders het dit geen bestaansreg nie.

Maar, is dit regtig nodig om dit met so ‘n hoë % te vermeerder. Ons bydrae gaan met bykans R1000/maand verhoog, iets wat ons nie kan bekostig nie.

Ons sal na ‘n goedkoper opsie moet gaan.

Discovery erken dat die jonger lede doodeenvoudig die fonds verlaat. Nie ‘n baie goeie besluit nie, maar tog doen hulle dit.

Manie ·

Baie mense neem deesdae net goeie hospitaal planne uit, terwyl hulle self vir brille en pille betaal.

Karel Kobus Kruger ·

Nog steeds dink party mense mediese fondse se winste gaan na aandeelhouers. Ooooo tog…..

Pieter ·

Presies. en dankie dat jy dit noem. Fondse is nie soos checkers nie. Die Administrator wys wins vir dienste gelewer.
As jy na fondse se pryse kyk, moet jy eers begin by die begin baie jare terug, en raai wat, die staat is betrokke. Hoe kan fondse beramings doen as daar nie ‘n standaard prys is nie? So fondse bestuur hulle eie risiko, en die staat bly ‘n hengse risiko. Dis maar net een rede. PMB is ‘n groot ander oop tjek wat moet bestuur word. Wat nou nog van Fraud wat Miljoene kos per jaar

Pieter ·

Die dinge kom nie van vandag af nie. Die staat probeer Fondse knak al vir JARE. Strategie mense… Die staat maak so met alles. Vat iets wat werk, breek dit en probeer daai gaos dan fix en voel vreeslik goed daaroor…

Miskruier ·

Jong mense kan nie betaal vir die oueres wat deesdae nuwe knieë, heupe ens wil hê nie.

LANA is ELANè ·

Lekker lag ek nou vir hierdie voortvarendheid vd sg jongmens, ouderdom kom baie vinniger as wat jy dink. Nuwe knieë en heupe is beslis nie ñ wil hê item nie, dit is pyngedrewe en lewenskwaliteit. Maar ja, jou beurt kom waar jy op ñ dag in die spieël kyk en weet die ouderdom het jou in sy nare werklike kloue. Opstaan in die more sê ook gou dat jy dalk binnekort voor die keuse sal staan van ñ “nuwe knieg, heup of skouer” dan praat ons weer!

Koos 100 ·

Miskruier, mag God jou beskerm om die “luukse” items nie nodig te mag hê nie. Jou kommentaar en naam pas bymekaar!

annie ·

Dié besluit op hierdie tydstip gaan deur die ANC misbruik word. Lede van fondse wat noustrop trek gaan die nuwe mediese plan van die regering verkies en weg is die fondse en hul geld. Die hele idee van ‘n staatsmediese-skema is juis om die ANC se hand in fondse se beursies te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.