Bejaarde man vermoor terwyl hy tuinwerk doen

John Frank Sergeant is op 21 September vermoor. (Foto: Verskaf)

Die private ondersoeker Mike Bolhuis is aangestel om ʼn groep mans op te spoor wat byna twee weke gelede ʼn bejaarde man by sy huis in Rynfield, Benoni, vermoor het.

Die 88-jarige John Frank Sergeant was besig om in sy tuin te werk toe hy helderoordag oorrompel en vermoor is.

Chris Coetser, Bolhuis se ondersoeker in die saak, sê John en sy vrou, Denise, was op 21 September by hul huis aan die Oos-Rand doenig toe die boewe toegeslaan het. John was in die tuin en Denise in die huis. Al die veiligheidshekke in die huis was gesluit.

“Denise het gehoor hoe haar man skree en toe sy by die venster uitkyk, het sy haar man roerloos op die grond sien lê,” sê hy.

Terwyl Denise op pad was om John te gaan help, het twee van die aanvallers die huis genader en haar opdrag gegee om die veiligheidshek oop te sluit.

“Sy het die deur in hul gesigte toegeslaan en ʼn paniekknoppie gedruk om ʼn veiligheidsmaatskappy te ontbied,” sê Coetser.

“Die alarm is geaktiveer en die verdagtes het gevlug.”

Beeldmateriaal van ʼn ander huis se kringtelevisie wys hoe vier verdagtes kort voor 10:00 die huis nader en skaars ʼn minuut later in die teenoorgestelde rigting van John en Denise se huis hardloop.

John is later op die toneel dood verklaar. Hy is glo met ʼn skroewedraaier doodgesteek.

John het 59 jaar lank in die huis gewoon waar hy vermoor is.

Na verneem word ondersoek die polisie ʼn saak van moord, maar niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Hierdie wrede daad is gepleeg deur misdadigers wat die volle mag van die wet moet ervaar,” sê Coetser.

Skermskoot van die beeldmateriaal wat wys hoe die verdagtes weghardloop.

Misdaad neem toe

Misdaad het glo die afgelope twee maande in en om Rynfield toegeneem.

“Talle rooftogte en ernstige misdade is in die gebied aangemeld,” sê Coetser.

“Daar word vermoed dat dieselfde groep verdagtes by die voorvalle betrokke is.”

Coetser voer aan dat ouer mense en pensioenarisse veral in die gebied geteiken word, en dikwels word selfone, skootrekenaars, juweliersware en kontant gesteel.

“Suid-Afrikaners worstel reeds daagliks met allerlei uitdagings en die moord op ʼn onskuldige bejaarde wakker net nog meer gevoelens van afgryse, hartseer en vrees aan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christelle ·

RIV Oom, so jammer dit het met u gebeur. My eie bejaarde Oom is in Kempton Park vermoor terwyl hy in die tuin besig was. Hulle het hom aan die buite toilet vasgebind en met n hammer dood geslaan.
Baie sterkte aan die familie en vriende.

J. J. ·

Wanneer gaan die lamsakkige polisiediens weer verander word in ‘n polisiemag wat weer misdaad bekamp, en nie self die misdadigers is nie. Dit lyk of die verwarring wat heers in die geledere van polisie en verkeerdbeamptes Al erger word, want nie een van hulle weet waar hulle inpas nie. Verkeerdbeamptes word nou ook “polisiemanne” genoem terwyl die regte polisie, mens lang die paaie pla om te kyk of hulle voertuie padvaardig is. As jy ‘n polisieman wil wees, gaan na die SAP en sluit aan by die polisiemag, as jy verkeersbeampte wil wees, sluit aan by jou lokale munisipaliteit se verkeersafdeling, en word ‘n verkeersbeampte.

melaney ·

Daar sal nie ‘n nuwe polisiediens weer bestaan nie. Ons is op ons eie.

Karoo ·

Die skrif is aan die muur, misdaad teenoor ons bejaardes neem toe, ons moet ongelukkig ons koppe swaai en in veilige bejaarde komplekse gaan woon. Selfs vir die wat nie diep sakke het nie, is daar nog bekostigbare opsies om te koop en te huur. Ek wil nie my vrou so verloor of self so dood gaan soos hierdie man nie. Vrede en genade vir sy familie. RIP

MJLS ·

Dis tragies en baie hartseer. Sterkte aan die oom se geliefdes.

Dis NIE net plaasaanvalle en -moorde nie, maar beslis ook dorps- en stadsaanalle en -moorde.

Die SAPD beteken niks vir ons gewone burgers nie.

Sharmane ·

Dis onaanvaarbaar dat ons in sulke omstandighede moet leef. Ons sal drasties iets moet doen om n nuwe regering te kry wat omgee vir sy mense

Papsak ·

Nou toe nou wat het Cele en sy kaders nou te se dit sy boeties wat ons uit moor staan op doen iets julle mos brawe polisiemanne maar julle help niks dit mos oud en wit hoekom kan hulle dit doen en ons mag niks terug aan hulle doen nie gee almal ewe reg dan maar dan kyk ons weer wat gaan gebeur maak mens waglik oor die goed

Chris ·

Ai so onnodig. Altyd meer as een Lafaards.Misdaad in ons land buite beheer.Ons innige simpatie tannie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.