Riaan, Brendan staan nog sterk op Top-20

Die manne van Jan Jan Jan se “Dans Kwagga”, wat verlede week hul toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 14de plek gemaak het, klim vandeesweek met een plek.

Riaan Benadé se “Die Lot”, wat ook die titel van sy jongste album is, klim vandeesweek na nommer 16. Sy ander lied, “Hemel & Hel”, wat hy saam Demi Lee Moore opgeneem het, staan nou in die sesde posisie.

Riaan Benadé se “Stoom” bly vir eers in die eerste plek. Die musiekvideo van dié lied is al meer as 416 000 keer gekyk.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses liedjies wat klim, sewe wat onveranderd bly en sewe wat hulle plekke verloor.

 

1. Riaan Benadé – “Stoom”
2. Brendan Peyper – “Madelein”
3. Riaan Benadé – “Boksemdais”
4. Eloff – “Vlerke”
5. Die Piesangskille – “Inge 2”
6. Riaan Benadé saam met Demi Lee Moore – “Hemel & Hel”
7. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
8. Demi Lee Moore – “Hart breek”
9. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
10. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
11. Brendan Peyper – “Lentelyf”
12. Chris Steyn – “Helemal”
13. Jan Jan Jan – “Dans Kwagga”
14. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
15. Bernice West – “Hy jy jy”
16. Riaan Benadé – “Die Lot”
17. Brendan Peyper – “Moegdans”
18. Rooksein – “So onskuldig”
19. Droomsindroom – “Plek vir my”
20. Ruhan du Toit – “Mag ek jou laaste wees”

Maroela se keuse:

Stef Bos kuier in Maroela Media se ateljee. (Foto: Christa Steyn-Bezuidenhout)

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Kobus Bezuidenhout, web- en tegniese bestuurder, deel die vyf Afrikaanse liedjies waarna hy vandeesweek luister:

1. “Victoriabaai” – Die Heuwels Fantasties saam met Coenie de Villiers
2. “Suiderkruis” – Joshua na die Reën
3. “Kaap” – Jan Blohm saam met Ryno Velvet
4. “Die taal van my hart” – Stef Bos
5. “Toe vind ek jou” – Karen Zoid saam met Francois van Coke

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisiese albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.