Beaumont se uitsprake oor Cilliers Brink ‘kommerwekkend’

Cilliers Brink (Foto: Facebook)

Die Pretoria Sakekamer neem met kommer kennis van Michael Beaumont, voorsitter van ActionSA, se standpunt dat Cilliers Brink, burgemeester van Pretoria, “kortsigtig” is om nie salarisverhogings aan munisipale werkers te gee nie.

“Ons besef dat dienslewering daaronder ly, maar beskou Beaumont se opinie en tydsberekening as doelbewus en verdag, veral in die lig van die feit dat die regsproses sy gang moet gaan,” meen Fergus Ferguson van die Pretoria Sakekamer.

“Ons as sakegemeenskap hou die koalisie se besluite noukeurig dop en sal nie huiwer om ʼn dispuut met Tshwane te verklaar indien daar met die vakbonde onderhandel word nie. In so ʼn geval sal die Pretoria Sakekamer alle betalings aan Tshwane staak, aangesien enige betalings aan werkers sonder verbeterde teenprestasie onverantwoordelik sal wees. Dit sal uiteindelik lei tot nog swakker dienslewering teen nog hoër pryse,” meen Ferguson.

“Indien salarisverhogings aangebied word, is die enigste manier om die begroting te laat klop om ander munisipale werkers af te dank.”

Die Pretoria sakegemeenskap is die ekonomiese enjin wat die Tshwane-metro aan die gang hou en enige aanwending van fondse vir salarisverhogings sal die vonk wees om verdere regsaksie teen Tshwane te begin. “Dit sal momentum gee aan die dringendheid om die sakesektor meer staatsbestand te maak. Entrepreneurs het die vermoë om dinge self te doen, rommelverwydering is geen uitsondering nie.”

Ferguson sê die koalisie se grootste uitdaging is om volle beheer oor die finansies van die stad te verkry. “Indien die koalisie nou verkrummel onder die druk van kriminele groepe in vakbonde en politieke geledere, sal alles tot niet gaan. Sakeondernemings sal dan geen keuse hê as om hulle gelde te onttrek totdat daar bewyse is dat dienslewering kostedoeltreffend en vinnig kan plaasvind nie.”

Die Sakekamer meen marionette in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is nie in staat om kriminele aktiwiteite hok te slaan nie, maar het ook nie die politieke wil daarvoor nie.

“Gegewe die ekonomiese realiteite in Tshwane, hoop ons dat Herman Mashaba en Michael Beaumont hulle persoonlike vendettas teen die DA sal laat vaar en ActionSA hulle standpunt oor onderhandelings met kriminele bendes sal heroorweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Shakespeare ·

Ai Cilliers, jy moet hare op jou tande hê om met sulke onbevoegde kreature te werk en nog kop bo water te hou. Sterkte !!!!

Oosieoos ·

ActionSa maar net weer nog a onbetroubare foefie. Op my foon geblock want lastig

Kokerboom ·

Dis tyd dat belastingbetalers standpunt inneem en beheer neem oor bestuur van stad! Action Sa se ware kleure kom na vore.
Staan sterk Cilliers!

KB ·

Action SA het ʼn lat vir hulself gepluk, en kan dit nie meer omkeer nie…Hulle het nou soveel steun verloor in Pretoria. Dis hulle eie impulsiwiteit wat hulle in die rug byt.
Die punt is: Daar is nie geld vir ʼn salarisverhoging nie…geld groei nie op mens se rug nie. Gaan werk, en werk hard, dan word jy later daarvoor beloon.

Anonymouse ·

Ja, terwyl Selfie Brink politiek speel sit die res van ons met asblikke wat nie leeg gemaak word nie en krag onderbrekings wat dae kan duur. Miskien moet die DA begin inspring in die dienste vir ons lewer, want klink nie of hulle ander oplossings het nie

Hans ·

Die SAPD hoofkantoor is in Pretoria, waarom raak die Nasionale en Provinsiale kommissarisse nie betrokke nie???

Pieter ·

Want daai gebou staan leeg en sonder water nes die res van die staatsgeboue… Die lot gee net nie meer om nie.

Danie ·

Julle wat julle Afrikaners,Suid Afrikaners noem se oe moet oopgaan. Julle is veronderstel om God se volk te wees maar julle het julle siele verkoop deur vermenging. Jy kan net eenvoudig nie n andere glo nie. Hy het jou land geneem, jou skole geneem selfs jou kerke oorgeneem ,maar nog wil jy saam met hom staan terwyl hy agter jou rug sy messe slyp om jou keel af te sny. God stuur sSy toorn uit oor jou en met vuur verbrand Hy jou land want jy is doof en blind en jou hart is soos yster.

Delia ·

So net wit mense is jou naaste en waar staan dit dat ons Suid-afrikaners God se uitverkore volk is. Dis juis met hierdie meerderwaardige houding dat ons sit waar ons sit. God se volk is ALMAL wat hom aangeneem het het as hulle redder en verlosser of daai persoon Duits, Italiaans, Xhosa, Zoeloe, n wit Afrikaans sprekende is of nie.

Danie ·

Delia. Se gou vir my. Is God ,gister vandag en in die toekoms dieselfde God. Wat het God vir Jakob gese. Hy het gese Jakob, jy sal van nou af Israel weesdie Volk oor wie My naam uitgeroep is. Jy sal my volk wees. Hoeveel stamme was daar. 12 ne Nou gaan doen jy bietjie huiswerk en kyk waar is daardie 12 stamme op hierdie aarde. Alle mense se ontstaan is wel van een mens Adam maar nie alle volke is God se Volk nie.Jou naaste loof en prys God saam met jou en later roep hy sy voorvader geeste,

Pieter ·

So wanneer word die werk gedoen as jy altyd met alles moet onderhandel? En wat van die actual klient, dis nou ons wat hier bly en betaal vir die res van SA… Wanneer onderhandel julle met ons? Hoekom moet Ons die hele tyd die wet van Transvaal beleef?

Danie ·

Die hele land, elke dorp elke stad se Sake Kamers moet hierdie standpunt inneem. Sonder geld en besigheid is daar niks. Hulle dink mos geld val uit die lug uit. Ons gaan almal bitter swaar trek maar ons sal die wa deur die drif trek. Ons voorouers het dit gedoen en ons kan dit ook doen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons voorouers het hoop gehad. Het ons hoop? Ek twyfel.

KB ·

Ek stem saam met Fergus Ferguson. Mens onderhandel nie met kriminele nie. En Mashaba en Beaumont herinner sterk aan die belaglike Carl Niehaus.

Grandi ·

ActionSA praat en dreig skop.groot.lawaai op maar. het.self nie n oplossing vir die.probleem nie. Hulle het in Mei die begroting ondersteun waar daar nie begroot is vir salrisverogings nie. In die afgelope paar weke het die plaaslike leierskap nie.minder as 3 keer hulle.woord teenoor koalisievennote berbreek en bompp gestry dat hulle.dit nie.gedoen het nie tenspyte van opnames. Die probleem is dat daar voortdurende inmenging is van die provinsiale en nasionale strukture is wie nie behoorlike ingelig is met die nodige feite.

Spook ·

Beaumont het my sopas weer herinner dat sy organisasie nie die moeite werd is om voor te stem nie. Is hy aan die kant van die stakers?

Mnr Ferguson het die regte uitspraak gemaak. Dagvaar die munisipaliteit as hulle die belastingbetalers se geld mors op ‘n klomp lui “werkers”.

Marthina ·

Ek het n oplossing kom ons verlaag salarisse van Meneer Ramaposa en al sy ministers en hulle onderdane dan is daar mos genoeg om salarisse te verhoog. Al die stakers word wakker en eis by die mense wat julle geld vir hulle vat en dit is beslis nie Cilliers Brink nie dis Meneer Ramaposa en sy ministers en kie. Moet ook nie van Meneer Malema vergeet hy kan mos nie help as hy van peperduur goed hou en sy aanhangers verhonger nie. Ps 91

Andrè ·

En die DA wil in die bed klim met die tipe rugstekers,ek sien swarigheid met die eff 2

Sproetje ·

Aan al die slimmes daarbuite, wat is die oplossing dan. Vir 2 maande kom ons as gesin sonder A re yeng busdienste oor die weg. Dit kos ons ekstra geld so ons finansies klop nie. Dit is ekstra tyd want met 1 voertuig tot ons beskikking moet iemand afgelaai word waar daar wel vervoer beskikbaar is. Ons het nie net asblikke wat nie leeg gemaak word nie, maar sit daagliks met uitdagings van finansies en logistiek wat nie werk nie. En vir my is daar geen einde in die vooruitsig nie. So wat is die oplossing. Stand my ground tot wanneer toe….of wat anders….Ek vra maar net.

Eclectus ·

As kind het ek baie opgewonde geraak wanneer die roomys kombi opdaag. Deesdae is ek in ekstase wanneer die vullislorrie sy verskyning maak. Ek sal net graag wil weet waar pas hierdie hele ding in die verbruikerswet in aangesien ons vir dienste betaal wat nie gelewer word nie. Inteendeel, ons koste het die afgelope weke verdubbel want ons het uit desperaatheid opportuniste betaal om ons dromme te ledig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Brink moet sy DA voorganger van 2021 blameer vir die sinnelose salarisverhogings. Dan sal hy die vehogings moet betaal, al het hy nie geld nie. Hy het geen keuse nie.Hy moet eerder die metro herstruktueer in terme van die arbeidswet en 20% van die werkmag wettig aflê soos uitgestippel in Artikel 189. Soek ook ander funksies waar kostes gesny kan word, insluitend die privatisering van die lughawe en verkoop van vervalle “parke”. Die ou kragstasies moet gesloop word. Vergeet van blink planne. Die metro het nie vermoë om dit te laat werk nie. Die stad is te vervalle om te red. Werk aan planne om migrante uit te hou. Brink is in elk geval volgende jaar terug in die parlement, dalk ‘n Moonshot minister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.