Die voorgestelde N1/N2 Wynland-tolprojek in die Wes-Kaap gaan van tradisionele tolhekke gebruik maak, en nie e-tolhekke nie, het Sanral Dinsdag gesê.
Alles vir die sleutelwoord "Wes-Kaap"
Een dood, 66 beseer in Wes-Kaap-ongeluk
Een persoon is dood en minstens 66 beseer toe ʼn oop vragmotor en ʼn motor Sondagmiddag op die N7 naby Morningstar in die Wes-Kaap gebots en die vragmotor omgeslaan het.
Vrou met Kongo-koors in W-Kaap-hospitaal
Die vrou wat vir Kongo-koors by die Medi-Clinic Vergelegen in Somerset-Wes in die Wes-Kaap behandel word, is ʼn geïsoleerde geval, het hospitaalbeamptes Sondag gesê.
Man verdrink op Kersdag toe hy vriend wou help
‘n 28-jarige man het op Kersdag naby Witsand in die Wes-Kaap verdrink toe hy ‘n vriend wou help, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Borgtog vir W-Kaap-vrou wat geld verduister
ʼn Ma van drie kinders is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat sy van geldverduistering aangekla is.
Agtjarige in Uniondale vermoor
Die liggaam van ‘n vermoorde agtjarige dogtertjie is oor die naweek in Uniondale in die Wes-Kaap aangetref.
Nuwe fietsryreëls in Wes-Kaap
Motoriste in die Wes-Kaap moet van vandag af seker maak dat daar ten minste een meter tussen ʼn fiets en die motor is indien hulle fietsryers wil verbysteek
Voornemende Wes-Kaapse verkeersbeamptes bedrieg
Die Wes-Kaapse regering het ’n klag van bedrog by die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelê nadat hy te hore gekom het dat ’n personeelwerwingsagentskap talle mense, onder valse voorwendsels, as voornemende verkeersbeamptes “werf” en boonop geld daarvoor vra.
W-Kaap-plaaswerkers steek vragmotor aan die brand
Plaaswerkers het Maandag ʼn vragmotor in Wellington in die Wes-Kaap aan die brand gesteek.
“ANC het foute gemaak,” sê Mantashe
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag in Kaapstad gesê die party het foute gemaak, maar die land is steeds in ‘n beter toestand danksy die regering.
Nuuskommentaar: Hoenderkop-beleg van die Wyngordyn
Ouderwetse geopolitiek afgestof, blinkgevryf en in volle swang. So kan die beleg van die wyngordyn ten beste beskryf word. ‘n Beeld ontvou van ‘n persepsie dat zombies beter as regering sal vaar as die verkose verteenwoordigers – met ‘n peiling wat dié opvatting staaf.
Wes-Kaap-sakeman beboet oor bedrog
Barend Pofadder (50), ʼn voormalige verkoopsman van ʼn maatskappy wat in industriële- en vervoerverkoeling spesialiseer, is Woensdag in ʼn Kaapstadse hof met R10 000 beboet of 12 maande tronkstraf gevonnis.
Staat vra lewenslange tronkstraf vir Wes-Kaapse polisiemoordenaar
Die staat het vandag gevra dat Fabianus Fillipus (29), die Namibiese man wat twee polisiekonstabels verlede Oktober in Houtbaai vermoor het, die minimumvonnis van lewenslange tronkstraf vir elke moord opgelê word.
Twee vermiste toeriste veilig opgespoor
Die twee toeriste wat Vrydagaand in Plettenbergbaai naby Natures Valley vermis geraak het, is Saterdagoggend veilig opgespoor, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Saterdag gesê.
Cosatu dreig met landboustakings in die Wes-Kaap
Lede van die vakbondfederasie Cosatu kan dalk volgende maand in die Wes-Kaap begin staak indien sosio-ekonomiese kwessies nie dringend aangespreek word nie, het Tony Ehrenreich, leier van Cosatu in die provinsie, gesê.
Varkgriep nog nie in Wes-Kaap
Die departement van gesondheid in die Wes-Kaap het Vrydag gesê daar was nog nie enige berigte van varkgriep in die provinsie nie.
Ontlasting na Zille se bus gegooi
‘n Groep mense in Khayelitsha het Dinsdag menslike uitskot na ‘n bus gegooi waarin Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, en ander op pad na ‘n geleentheid oor ‘n groen ekonomie gery het.
Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort
Twee mans het aanspreeklikheid aanvaar nadat hulle menslike uitskot op die trappe van die Wes-Kaapse wetgewer gaan stort het as protes teen mobiele toilette, het die Cape Argus Dinsdag berig.
Video: Verdagtes op kamera wat winkeleienaar doodskiet
eNuus het Dinsdag berig dit het die polisie vier dae geneem om kringtelevisie-beeldmateriaal te bekom wat wys hoe ‘n winkeleienaar in Kaapstad doodgeskiet word.
Planne vir Wes-Kaapse plase
Gerrit van Rensburg, LUR vir landbou in die Wes-Kaap, het ʼn plan van stapel gestuur om ʼn aantal kwessies in die landboubedryf aan te spreek.