ʼn Wewenaar het onlangs ʼn jong paartjie se rekening by ʼn restaurant betaal, en net ʼn briefie met sy rede in vir hulle agtergelaat.
Lees meerAlles vir Sondag 12 Januarie 2014
Seun vermoor glo ouma, tannie met ‘n byl
ʼn Seun is in hegtenis geneem nadat hy glo twee van sy familielede Sondag in Lakeside, Johannesburg, met ʼn byl vermoor en twee beseer het.
Onderhandelings duur voort vir Pierre se vrylating
Onderhandelinge met ʼn groep ontvoerders wat ʼn Suid-Afrikaanse onderwyser in Jemen aanhou, duur voort, het Gift of the Givers Sondag gesê.
Vrou met Kongo-koors in W-Kaap-hospitaal
Die vrou wat vir Kongo-koors by die Medi-Clinic Vergelegen in Somerset-Wes in die Wes-Kaap behandel word, is ʼn geïsoleerde geval, het hospitaalbeamptes Sondag gesê.
Bafana-sokkerspeler rand glo man aan
Edward Manqele, doelskopper vir Bafana Bafana, het glo ʼn ondersteuner aangerand en hom bewusteloos gelaat, het die Sunday World berig.
13-jarige vas oor tiener se moord
ʼn 13-jarige seun is Sondag in Kroonvale, Graaff-Reinet, vermoedelik deur ʼn ander 13-jarige, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.
Pa vas oor baba se moord
ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem nadat die verkoolde oorskot van sy babaseuntjie Sondag in ʼn sloot in Galeshewe, Kimberley opgespoor is
“Platsak” Cope vasbeslote om te wen
Mosiuoa Lekota het gesê die Congress of the People (Cope)-party is platsak, maar sal steeds ʼn oorwinning vier tydens vanjaar se algemene verkiesing, het die City Press Sondag berig.
Klagtekanaal ná 10111-noodlyn diens in Afrikaans weier
AfriForum moes onlangs tydens ʼn poging om ʼn misdaad aan te meld, aanhoor dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 10111-noodlynoperateurs weier om oproepe in Afrikaans te aanvaar. Toe daar om Afrikaanse diens gevra is, is die oproep summier deur die 10111-operateur afgesny.
Polisie ondersoek moord ná tieners se baba sterf
Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moord van ʼn maand oue babaseuntjie in Bredasdorp, het die Sunday Times berig.
Alle matrieks druip by duur Gauteng-skool
Al ses matrikulante by ʼn onafhanklike skool in Midrand, waar ouers R1 600 per maand skoolgeld moet betaal, het hul matriekeksamen gedruip, het Rapport berig.
Balju lê beslag op onderwys-voertuie
Die balju het beslag gelê op meer as 700 voertuie van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal nadat die departement nie beloofde beurse aan studente uitbetaal het nie, berig Rapport.
Video: Die ongelooflike Ross-susters
Die Ross Sisters was drie susters wat in die 1940s gehore vermaak het met hul sang, dans en ongelooflike akrobatiese toertjies.
Hipnose-kunstenaar val na sy dood
Scott Lewis, die Amerikaanse hipnose-kunstenaar, het van ʼn balkon uit ʼn woonstel in Sydney, Australië, na sy dood geval.
Swartrenoster-jagpermit op ‘n veiling verkoop
ʼn Permit om ʼn bedreigde swartrenoster in Namibië te skiet, is Saterdag op ʼn veiling in Dallas, Amerika, verkoop.
Ariel Sharon oorlede
Ariel Sharon, voormalige premier van Israel, is Saterdag in ʼn hospitaal naby Tel Aviv oorlede nadat hy agt jaar lank in ʼn koma was.
ANC-lede by Nkandla in hegtenis geneem
ʼn Aantal ANC-ondersteuners is in hegtenis geneem ná ʼn bakleiery Saterdag met EFF-lede naby aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning.
Metropolisiebeamptes vas oor ‘gewapende roof’
Twee Tshwane-metropolisiebeamptes is in hegtenis geneem vir gewapende roof, het die polisie Saterdag gesê.
Gedagte vir die dag: Die Here is altyd daar
Psalm 44:24 – Is U nog daar, Here? Slaap U? Hoekom doen U dan niks nie? Gryp in! Moenie ons wegstamp nie! Daar is baie…