Die leier van die Demokratiese Alliansie (DA), Helen Zille, het die redes vir haar party se omstrede u-draai oor hul steun vir die wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming Donderdag aan Kaapse Persklub verduidelik.
Lees meerAlles vir Donderdag 14 November 2013
Voornemende Wes-Kaapse verkeersbeamptes bedrieg
Die Wes-Kaapse regering het ’n klag van bedrog by die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelê nadat hy te hore gekom het dat ’n personeelwerwingsagentskap talle mense, onder valse voorwendsels, as voornemende verkeersbeamptes “werf” en boonop geld daarvoor vra.
Elektrisiteitsvoorsiening gaan volgende twee weke onder druk wees
Eskom het kennis gegee dat elektrisiteitsvoorsiening oor die volgende twee weke beduidend laer sal wees omdat Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in die Wes-Kaap vir langer as sewe weke vir geskeduleerde brandstofinname, inspeksie en instandhouding afgeskakel gaan word.
Foto’s: Gesteelde honde gered
Die Nasionale Dierewelsyntaakspan het Donderdag ʼn lid van ʼn vermeende hondegevegtesindikaat in hegtenis geneem wat verskeie gesteelde honde in kratte in ʼn vragmotor vervoer het.
Vier beroof Menlyn-juwelierswinkel
Vier rowers het Donderdag die Arthur Kaplan-juwelierswinkel in die Menlyn-winkelsentrum in die ooste van Pretoria beroof.
Video: Meisie kry ore
’n 11-jarige meisie wat sonder oorskulpe gebore is, kry nou die kans op ‘n normale lewe.
Interdik teen OB laat vaar
Ministers in die sekuriteitkluster het Donderdag hul aansoek laat vaar om ʼn interdik te bekom teen adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB) se bekendmaking van haar verslag oor die R206 miljoense opgradering by president Zuma se privaattuiste in Nkandla in KwaZulu-Natal.
Twee sit lank vir pastorie-moorde
Martin Brits (28) en Elliot Mhlambi (41) wat Maandag altwee skuldig bevind is aan die moord op ds. Willem Brits (60) van Harrismith en sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen (25), is Donderdag in die rondgaande hof in Harrismith gevonnis.
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Beeld beoog om kriminele aanklagte aanhangig te maak nadat een van sy fotograwe glo geteister is omdat hy foto’s van ʼn restaurant geneem het wat gereeld deur Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, besoek word.
Massabegrafnis vir 29 busongeluk-slagoffers
Die 29 mense wat dood is nadat ʼn bus vandeesweek op die berugte Moloto-pad teen ʼn vragmotor gebots het, gaan oor die naweek begrawe word, het die Mpumalanga se departement van gemeenskapveiligheid Donderdag gesê.
Skole en studente verwelkom Helpende Hand-subsidie vir beter onderwys
Vyftig voornemende onderwysers pluk nou die vrugte van Solidariteit Helpende Hand se Projek Leerkrag.
Vragmotorbestuurder eers volgende jaar gevonnis
George Mandlanzi (33), wat die vragmotor bestuur het wat verlede Julie tussen Malelane en Hectorspruit voor ’n trein beland en 24 plaaswerkers se dood veroorsaak het, gaan volgende jaar in Februarie gevonnis word.
Postituut- en tienermoord: Prostituut se vriend getuig
Colin Jacobs (26), die vriend van ʼn prostituut van Parow, Hiltina Alexander (18) wat glo deur Johannes de Jager vermoor is, se kruisondervraging hervat Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Foto’s: Insekte maak “juwele”
Hubert Duprat, ‘n Franse kunstenaar, het bekendheid verwerf vir sy ongewone kunswerke wat caddisvlieë-larwes met goud en ander edelgesteentes vermeng.
Twee sterf in Klerksdorp-brand
‘n Bejaarde vrou en ʼn 13-jarige seun is dood nadat ʼn brand in hul huis in Klerksdorp, Noordwes, ontstaan het.
Pienk SA-diamant haal wêreldrekordprys
‘n Pienk Suid-Afrikaanse diamant, ‘n vleklose knewel van 59,6 karaat, is in Genève vir ‘n wêreldrekordprys van $83,2 miljoen verkoop.
Nuuskommentaar: Laat regering boere in steek met droogte?
‘n Vingerfout was glo die rede waarom boere in Noordwes, wit en swart, nog droëbek sit met regeringshulp. Intussen is R100 miljoen se droogtehulp aan Namibië beloof, en voorheen is ook al hand diep in die sak gesteek om Zimbabwe uit te help – ‘n krisis wat Mugabe grootliks eiehandig aangerig het.
“Valke moet e-tol ondersoek”
Die Johannesburgse metropolisie het Donderdag ʼn beroep gedoen op motoriste om die middestad van Johannesburg te vermy terwyl die vakverbond Cosatu ʼn massa-optog daar hou oor die omstrede e-tolstelsel.
Rot-dood: Ma in hof, kêrel óók vas
Die ma van ʼn sewe maande oue babaseuntjie wie se verminkte liggaam Sondag in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangetref is, verskyn Donderdag in die Pretoria-landdroshof.
Koerantverkope daal
Naweekkoerantverkope het gemiddeld die afgelope jaar met 7.5% gedaal.