Superhelde help kinders in Brasilië om kanker te oorkom.
Lees meerAlles vir Dinsdag 4 Junie 2013
Ontlasting na Zille se bus gegooi
‘n Groep mense in Khayelitsha het Dinsdag menslike uitskot na ‘n bus gegooi waarin Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, en ander op pad na ‘n geleentheid oor ‘n groen ekonomie gery het.
Vrieskasmoord: Boer se naam bekend
Die polisie in Queenstown ondersoek ‘n saak van moord nadat die liggaam van ‘n boer in ‘n vrieskas opgespoor is.
Seun kritiek nadat hy voor trein ingestamp is
‘n 14-jarige seun is in ‘n kritieke toestand nadat hy Dinsdagoggend glo voor ‘n trein by die Merebank-treinstasie in Durban, KwaZulu-Natal, ingestamp is.
Laslap en kwilt – Inspirasie uit die verlede
deur die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde Hierdie boek bring hulde aan die Suid-Afrikaanse kwiltgeskiedenis en die topkwilters in Suid-Afrika. In Suid-Afrika is kwiltwerk nie so deel van…
Meeste diamante konflikvry
Meer as 99% van diamante waarmee wêreldwyd handel gedryf word, is konflikvry.
Solidariteit en Telkom by KVBA
Solidariteit en Telkom ontmoet mekaar môre by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) nadat onderhandelings rakende die telekommunikasiereus se gewysigde loonaanbod vandag op ʼn dooiepunt uitgeloop het.
SAUK: R700 miljoen op plaaslike inhoud
Die SAUK het die afgelope jaar meer as R700 miljoen aan plaaslike inhoud spandeer.
SA het sy oog op Olimpiese Spele 2024
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê die land sal “baie bly” wees om die eerste Afrika-nasie te word wat as gasheer vir die Olimpiese Spele kan optree vir 2024.
’n Nag in Wemelstad
deur Rotraut Susanne Berner Dit is aand in Wemelstad. Mense en diere slaap rustig – oftewel, sommige. Ander is in die laat ure eers oppad êrens…
Een miljoen vlinders
Een miljoen vlinders is ’n verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom.
Boer se liggaam in vrieskas opgespoor
Die liggaam van ‘n Queenstown-boer is in ‘n vrieskas opgespoor, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.
Langste Duitse woord verdwyn dalk
Die langste Duitse woord, Rindfleischetikettierungsüberwachungsaufgabenübertragungsgesetz, gaan dalk verdwyn na die Duitse deelstaat, Mecklenburg-Vorpommeren besluit het om die woord weens ongebruik uit sy wetboek te verwyder.
Lonmin skors vakbondleiers wat glo bedrog pleeg
Agt vakbondverteenwoordigers van die National Union of Mineworkers (NUM) is geskors ná beweerde vakbondlidmaatskapbedrog, het die platinum-mynreus Lonmin Dinsdag gesê.
Martie en haar ouma
’n Ontroerende storie en ’n wondermooi prenteboek vir jonk en oud.
My familie – ’n reis deur die tyd
’n Oulike kykboek met illustrasies van Fimo-klei gemaak deur Ann de Bode.
Nuwe Stemme 5
Die Nuwe Stemme-reeks is ‘n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters.
Nuuskommentaar: Mugabe die held
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe is deesdae weer sterk in die nuus, skryf Herman Toerien
Polisie wil verkragtingsaak skik
ʼn Man wat glo in ʼn polisiesel verkrag is nadat hy onregmatig in 2011 in Rustenburg in hegtenis geneem is, het die eerste ronde van sy eis van skadevergoeding teen die minister van polisie gewen.
Video: Reeva en Oscar het glo “baie baklei”
Oscar Pistorius en sy vriendin, Reeva Steenkamp, het glo “baie baklei”, het Reeva se ouers aan Channel 5 in ʼn eksklusiewe onderhoud gesê.