Die uitdaging is om R4,9 miljoen in te samel sodat ons 280 kinders in hierdie provinsie se skoolgeld kan borg.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "boere"
Pas op vir avokado’s langs die pad
Hoë pryse het dikwels twee ongewenste gevolge. Gewetenlose produsente begin vrugte oes wat nie ryp sal word nie en tweedens word vrugte gesteel om verkoop te word.
Karoostories: ‘Jaloersbuie en verspoelings’
“Sondagoggend is ons ʼn skrale twaalf mense in die kerk. Die res kan as gevolg van die verspoelings nie deurkom vanaf die plase nie.”
Voer, studiehulp vir boere in Vrystaat, Kaap en Noordwes
“Helpende Hand het meer as 70 Josef Silo’s en ons boere het gesorg dat hierdie silo’s vol bly. Nou moet ons húlle ondersteun.”
Sóveel boere doen aansoek om geldelike hulp
Die meeste aansoeke het van boere in die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Noordwes gekom.
TLU skep aanlyn mark vir boere
Die verbruiker kan direk met die boer oor die produkte gesels om ’n transaksie te beklink.
Aansoekproses vir finansiële reddingsboei pootjie boere
Boere glo die stelsel is daarop gerig om hulle van regeringshulp te weerhou.
Boere kan hiér aansoek doen om finansiële hulp
Saai het ʼn aanlyn platform geskep wat dit makliker maak vir boere wat op klein skaal boer om finansiële hulp van die regering te kry.
‘Ystervrou van Garies’ (72) bied droogtehulp op spesiale manier
“Ek staan op met ʼn lied in my hart, om te weet ek doen iets om die diere en die boere te help. Dit is die mense wat vir ons kos voorsien, so ek doen dit met liefde vir hulle.”
Boere positief ná goeie reën
Dele van die Vrystaat en die Noord-Kaap het in twee weke meer as 90 mm reën gehad.
Boere in Aberdeen kry voer, kos
Duisende rande se donasies is deur vrywilligers in Aberdeen afgelaai en aan 120 families versprei.
Veilingverbod geld nou landwyd
“Die verbod is in belang van die bedryf, maar dit is ʼn drastiese stap met ʼn groot uitwerking op produsente.”
‘Groen Vrydag’ bring hoop vir Kliprand-boere
Altesaam 19 trokke vol voer en voorraad vir droogtehulpbehoeftes is in die omgewing afgelaai.
Noordwes-boere dae sonder krag
Kragonderbrekings kos Noordwes-boere daagliks duisende rande.
‘Net voor die droogte my breek’: ʼn Stem vir boere wat oorleef in droogte
Ongeveer 12 300 km en drie maande se swoeg en sweet later het Anoeschka von Meck, skrywer van Net voor die droogte my breek, vroualleen haar besoek aan boere in drooggeteisterde streke van Suid-Afrika voltooi.
Minister waarsku: Boere vervolg as hul bek-en-klouseer versprei
Boere mag nog gesplete hoefdiere vervoer, maar moet bewus wees van die gevolge, sê die minister van landbou.
Minister aan boere: ‘Ek het geluister en ek het gehoor’
Thoko Didiza, minister van landbou, het honderde boere van reg oor die land toegespreek.
kykNET-program kyk uit ‘n ander hoek na boere
“Landbou is vir almal en daar is legio geleenthede in die bedryf. Jy hoef nie eens te boer nie, maar kan die innoveerder van nuwe tegnologie wees wat die boere kan aanhelp.”
Boerfontein se Frieda: Dis nie maklik nie, maar dis lekker
Hoe gemaak as die reën vyf jaar lank wegbly, jou kind se opleiding betaal moet word en die beursie boomskraap raak? As nóg tien angorabokke vrek en jou man se ontsteltenis jou hart breek? Solank Frieda Greyling van die plaas Boerfontein in die Oos-Kaap haar witgatboom en die fontein naby haar huis as skuil- en herstelplek het, kan sy baie probleme oorbrug, vertel sy aan Sarie Marais-Nell.
Lesersbrief: Moedverloor is nie ’n oplossing nie
Ons hoop en gebede vir reën is nog lank nie verby nie, maar ek hoop dat my twee meisiekinders, al verstaan hulle nie nou heeltemal hoekom hulle ma heeldag voor die kospotte staan nie, ‘n waardevolle les sal leer. “Moedverloor is nie ‘n oplossing nie, net ‘n tydelike skop onder om jou in die regte rigting te stuur.”