Dit is die eerste Europese land wat dié besluit neem oor vermoedelik seldsame maar ernstige newe-effekte.
Lees meerAlles vir Woensdag 14 April 2021
POF moet hofbevel gebruik om sake reg te ruk, meen DA
“Die POF moet hierdie bevel van die hooggeregshof gebruik en alles in sy vermoë doen om die situasie reg te stel, of die geskiedenis sal homself bloot volgende jaar en die jaar daarna herhaal.”
Opgeskorte vonnis vir man oor halfmiljoen se Forex-bedrog
‘n Woordvoerder van die Valke het die vonnis as “ʼn tik oor die vingers” beskryf.
Grootkop in goudmynbedryf gevonnis
Andries Greyvenstein (37), ʼn gesiene figuur in die goudraffineringsbedryf in Gauteng, is Dinsdag saam met drie ander mans gevonnis.
Skietery op Piet Retief: Dís glo hoe gebeure verloop
Volgens inwoners op die dorp het boere uit noodweer begin skiet om hulself teen die moeilikheidmakers te beskerm, terwyl hulle vergeefs op die polisie gewag het.
Ponzi-bedrieër Bernie Madoff oorlede
Bernie Madoff, wat die grootste Ponzi-skema nóg bedryf het, is Woensdag in die ouderdom van 82 oorlede.
ToekomsVenster: Rig jou gedagtes op Sy liefde
Paulus leer ons in Romeine 12 dat ons denke, ons gedagtes onder invloed van die Heilige Gees vernuwe moet word.
Total onttrek aansoek om eksplorasie
Dié nuus word as ’n oorwinning vir die geraakte gemeenskappe en omgewing aan die Kaapse Suidkus bestempel.
Jan Alleman se motor
ʼn Groot gedeelte van die publiek soek ʼn doodgewone luikrug, met voldoende spasie, ʼn billike enjin, goeie brandstofverbruik en ʼn outomatiese ratkas.
Astral kry hofbevel teen regering oor dienslewering
Die hoendervleisprodusent Astral het ’n hofbevel bekom teen die regering rakende ’n gebrek aan die lewering van basiese dienste aan ondernemings en gemeenskappe in die Lekwa-munisipaliteit.
Pa kry lewenslank vir moord op jong seuns
“Dit het in die ondersoek uitgekom dat die pa die seuns vergiftig het.”
Verrassing! Monopoly-bord skuil onder tapyt
Die bord bevat die gewone kans-boksies, ʼn tronk, die gemeenskapskas, spoorwegstasies en klassieke bestemmings.
Wenners van 2021-Andrew Murray-pryse bekend
Die Andrew Murray-prysfonds bevorder uitnemendheid in die Christelike media deur die bekroning van werke van hoogstaande gehalte in Afrikaans en ander tale van Suid-Afrika.
Wat is ’n besigheid-ommeswaai en hoe doen jy dit?
’n Ommeswaai van jou besigheid kan beteken dat jou besigheid ’n heel nuwe strategie volg, maar kan ook beteken dat een aspek van jou besigheid hersien word om groter langtermynsukses te verseker.
Kan emigrasie, brandstofprys omgekeer word?
In dié episode van “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga ʼn waarskynlike toename in emigrasie, die verhoging in die brandstofprys en ʼn moontlike inploffing van die padongeluksfonds.
Skoolmeisie vas ná video van boeliery versprei
Die gr. 10-leerder wat aangerand is, het glo ná die voorval haar eie lewe geneem.
Oudkrieketkaptein verban oor korrupsie-streke
“As voormalige kaptein en afrigter het hy ’n vertrouensposisie beklee waarvolgens hy verplig was om die integriteit van die spel te handhaaf.”
Luister: Kan geld geluk koop?
Die SA ekonomie het reeds voor die Covid-19-pandemie gesteier en talle mense wonder hoe hulle ooit uit hulle eie finansiële verknorsing gaan styg, wat nog te praat van welvaart skep.
J&J: Min newe-effekte onder SA gesondheidswerkers
ʼn Klein persentasie van mense is vir verdere evaluering gestuur, maar die meeste van hierdie gevalle was geringe, plaaslike of sistemiese reaksies.
Phalaborwa kalm ná ooreenkoms met mynmaatskappye
Taxi-operateurs is ook gedreig en talle mense het Maandag te voet uit die dorp na hul huise gestap.