Verrassing! Monopoly-bord skuil onder tapyt

(Foto: Yamaha234/Reddit)

ʼn Egpaar was verbaas toe hulle onlangs ʼn ou mat opgelig en op ʼn reusagtige Monopoly-bord op die vloer afgekom het.

Die bord bevat die gewone kans-boksies, ʼn tronk, die gemeenskapskas, spoorwegstasies en klassieke bestemmings van die Amerikaanse weergawe van die bord, soos Connecticut Avenue en Vermont Avenue.

ʼn Reddit-gebruiker, Yamaha243, het die foto op sosiale media gedeel en gesê: “My skoonouers het op ʼn yslike Monopoly-bord afgekom toe hulle die mat uitgeruk het.”

Die gewilde bordspeletjie, waarvan die konsep in 1903 deur Lizzie Magie geskep is, is deur vorige eienaars, vermoedelik ʼn paar dekades gelede, op die vloer geverf.

Een gebruiker het in die kommentaar laat weet dit was in 1950’s baie gewild om speletjiesborde op jou keldervloer te verf of só te laat teël.

Die man wat die foto gedeel het, het laat weet dat hy sy skoonouers nou sal probeer oorreed om die bord slegs met epoksihars te bedek.

While tearing up their carpet, my in-laws found a giant monopoly board from pics

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Misky ·

Ooooh wow en ek sal mal wees daaroor!!! Werklik uniek en ek dink nou daaraan om my kinders se speelkamer met so groot bordspel te doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.