Opgeskorte vonnis vir man oor halfmiljoen se Forex-bedrog

Argieffoto (Foto: Lorenzo Cafaro/Pixabay)

Eltan Olivier (34) het ʼn opgeskorte vonnis ontvang ná hy skuldig bevind is op aanklag van bedrog van meer as R500 000.

Olivier het in die Mosselbaai-streekhof verskyn in verband met bedrog wat in 2015 in Groot Brakrivier in die Wes-Kaap gepleeg is, het Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê. “FNB Forex het ʼn bedrag van R586 860,30 ontvang. Die geld was geoormerk vir ʼn FNB-kliënt in Lesotho, OMI Investment.”

Dit blyk die OMI-rekening was foutief. “FNB het ʼn soektog gedoen op die rekening naam en het ontdek die OMI Investment Hogan-rekening is geregistreer onder die naam van Olivier by ʼn Suid-Afrikaanse tak,” het Hani bygevoeg.

Direk ná die geld in die beskuldigde se rekening inbetaal is, het ʼn forensiese ondersoekbeampte van FNB navraag gedoen oor die forex-betaling aan Olivier. “Ná ʼn omvattende ondersoek deur FNB is daar bevind dat OMI Investments in Lesotho glad nie bestaan nie. FNB Forex het ʼn verlies van R586 860,30 gely.”

Die saak is daarna by die Valke se eenheid in George, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, aangemeld.

“Olivier is Dinsdag tot drie jaar tronkstraf gevonnis wat in sy geheel vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy vanaf April 2021 oor ʼn periode van 59 maande die bedrag van R293 430,15 aan FNB Forex sal terugbetaal.”

Hani het die vonnis beskryf as “ʼn tik oor die vingers”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Die ANC en sy kaders kry nie eers n tik oor die vingers nie..SO?

Jaco ·

As dié man nou een van ramaphosa se “our people” was, kon ek nog die blote tik oor die vingers verstaan. Van ramaphosa se kollegas het tog reeds gesê dat korrupsie ‘n Westerse konsep is. MAAR dié beskuldigde is wit. Vreemde vonnis dus. Of kan dit wees dat ons regstelsel soms tog regtig kleurblind is?

Keith ·

The mathematics and the overall story doesn’t make sense here. FNB made a loss of R586 860.20 but he only has to pay back R293 430.15 . If this was an incoming forex transaction via FNB , where did the original money/transfer originate ? There must have been an actual transfer from, for it to “go to”. This one of those brain teaser stories with a middle startpoint and a wierd endpoint. And to make it even more confusing… if a south african receives an inward forex transfer from another country, the bank queries the reason/purpose for transaction with the beneficiary BEFORE the funds are released for deposit into an account, in line with exchange control regulations. I give up trying to think this one out.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.