Denemarke laat vaar AstraZeneca geheel en al

(Foto: Justin Tallis/AFP Photo)

Denemarke het Dinsdag aangekondig dat hy geheel en al gebruik van die AstraZeneca-entstof teen Covid-19 gaan staak. Dit is die eerste Europese land wat dié besluit neem oor vermoedelik seldsame maar ernstige newe-effekte.

Ondanks aanbevelings van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Europese medisyne-waghond om voort te gaan met die inenting, het Soren Brostrom, direkteur van Denemarke se gesondheidsowerheid, tydens ʼn perskonferensie gesê Denemarke se inentingsveldtog “sal sonder die AstraZeneca-entstof voortgaan”.

Denemarke was die eerste land in Europa om die gebruik van dié entstof op te skort ná berigte van seldsame maar ernstige gevalle van bloedklonte aangemeld is. Meer as ʼn dosyn lande het daarna ook die gebruik van die entstof opgeskort, maar meeste het intussen weer die entstof begin gebruik toe die Europese medisyne-agentskap (EMA) die voordele van die entstof benadruk en dit as “veilig en doeltreffend” verklaar het.

Denemarke het egter steeds nie die entstof gebruik nie en self ʼn ondersoek van stapel gestuur. Twee gevalle van trombose, waarvan een noodlottig, is in Denemarke verbind met inentings ná meer as 140 000 inwoners ingeënt is. In ʼn land van 5,8 miljoen inwoners is 8% reeds ten volle ingeënt teen Covid-19 en 17% het reeds hul eerste dosis entstof ontvang.

Sedert die AstraZeneca-inenting in Maart opgeskort is, het Denemarke voortgegaan met die Pfizer/BioNTech- en Moderna-inentings.

Die opskorting van die AstraZeneca-entstof vertraag effe die land se ambisieuse entstofprogram, maar die gesondheidsowerheid het in ʼn verklaring gesê die beskikbaarheid van ander entstowwe, in kombinasie met die pandemie wat tans onder beheer is in die land, beteken dat die inentingsveldtog daarsonder kan voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Pampoen

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis, Tania nms Maroela Media

Dirk Mostert ·

Eers AstraZeneca en nou Johnson wat bloedklonte veroorsaak. Eksperimentering op mense word verbied deur die Nurenberg Kode van 1947.

Vlooitjie ·

Maar nee, omdat (tot dusver) net 6 mense nog dood is voel mense dis bloot collateral damage. Wonder niemand hoeveel van die skielike spike in dood syfers mag dalk entstof related wees nie? Hoe gaan ons weet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.