Noordwes-boere dae sonder krag

Noordwes

Migdol, ʼn klein boeregemeenskap naby Schweizer-Reneke in Noordwes, gaan gebuk onder kragonderbrekings wat boere duisend rande ʼn dag uit die sak jaag.

Dié gemeenskap is die afgelope vier dae reeds sonder elektrisiteit en landbou-ondernemings is genoodsaak om van kragopwekkers gebruik te maak, teen R4 000 ʼn dag. “Aangesien die Mamusa Plaaslike Munisipaliteit ontbind is, is die vooruitsig dat enige tegniese uitdagings spoedige aandag sal geniet, onwaarskynlik. Desnoods is kontrakteurs uit Klerksdorp ontbied om die nodige herstelwerk te doen,” sê Carin Visser, ʼn DA-kiesafdelingshoof in Noordwes.

“Sonder elektrisiteit kan hierdie ondernemings nie mielies, graan en ander gewasse belug nie, wat die verrotting van produkte onafwendbaar maak. Die gevolge is verreikend en knel voedselsekerheid en ekonomiese groei in die landbousektor,” sê Visser.

Volgens Visser was die munisipale administrateur, Ronnie Jonas, nie Maandag bewus van die probleem nie, maar het gesê dat ʼn tegniese span gereël sou word. “Ons hoop dat die kragtoevoer nog vandag (Maandag) herstel sal word,” sê Visser.

“Die DA bly daartoe verbind om dienste aan die mense van Noordwes te lewer en ons sal onverpoosd druk plaas op die regerende party om te verseker dat die elektrisiteitsinfrastruktuur van Migdol hersien en opgegradeer word.”

Intussen waarsku die waternavorsingskommissie dat beurtkrag verreikende gevolge vir die verskaffing van water kan hê. “Omdat veral groot metro’s eers water moet pomp voor dit aan inwoners versprei kan word, kan watertoevoer heeltemal afgesny word ten tye van lang kragonderbrekings,” lui ʼn verklaring deur die kommissie. “Baie van hierdie metro’s het geen maatreëls in plek om watertoevoer te verseker ten tye van kragonderbrekings nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leon ·

Almal wil net die nuutste tegnologie gevruik. Tot ‘n aantal jare gelede het RandWater stoom pompe gebruik om die water van die Vaal na JHb en Pta te pomp. Toe skakel hulle nou oor na elektrisiteit. Nou het ons ‘n probleem. Sien die antieke tegnologie werk baaaie goed. Moenie dit afskiet nie. Gaan terug na stoom pompe.

Nettie ·

@Leon – ek het dieselfde ding gewonder. Tegnologie is WONDERLIK, maar hoe het GESLAGTE en GESLAGTE boere vóór Slimjan Edison elektrisiteit (die gloeilamp) ontdek het, dan geboer? Hoe het húlle landerye nat gekry en geoes/gestroop en belug?

Vlam ·

Lyk met dit is die hele Noord-Wes wat probleem is
Rustenburg en Kroondal Area sukkel net so met die krag

Lydia ·

In Brits het ons 4 dae sonder krag en of net een fase gesit. Eskom se verskoning vir pale wat omgeval het was dat hulle nie ‘ trok het om die pale op te tel nie. Toe het hulle weer die boor by die huis vergeet, Op die ou einde moes die boere help met die pale. Hulle weet hulle het al die verbruikers aan hulle kort hare beet en so manipuleer hulle ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.