Beeldmateriaal van ʼn man wat wegsluip met ʼn deel van ‘n gewapende rower se buit word tans op sosiale media gedeel.
Lees meerAlles vir Maandag 25 November 2019
Verhoogde waterverbruik duur voort in Kaapstad
Kapenaars word gemaan om aankondigings oor waterbeperkings dop te hou en daarop te reageer.
SOE-ondersoek na korrupsie in Limpopo word verwelkom
Die SOE het vandag op die kantore van Lepelle Noordelike Waterraad toegeslaan en op dokumente beslag gelê wat glo dui op miljarde rand se beweerde tenderbedrog met die groot infrastruktuurprojek in en om Giyani.
Fietsryers bevorder bewusmaking oor orgaan- en weefselskenking
Een persoon se organe kan agt lewens red.
Staatskaping: Moyane mag Gordhan ondervra
Adjunk-hoofregter Raymond Zondo het vandag, in ‘n dag van twee groot wendings voor Staatskapingskommissie, toestemming verleen dat die vorige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Tom Moyane, se regspan kruisondervraging kan doen van Pravin Gordhan.
Teenstand teen Malema binne EFF neem toe
In die aanloop tot die EFF se tweede nasionale kongres waartydens die partyleierskap verkies moet word, is teenstand teen die EFF-leier, Julius Malema, besig om toe te neem.
ToekomsVenster: Die groter konsert
Voel God se oor sy kinders? Geen twyfel nie.
Student 52 keer met ʼn mes gesteek
Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van moord ná ʼn 21-jarige kollegestudent Sondagoggend omstreeks 02:30 in haar kamer aangeval en met ʼn mes doodgesteek is.
Jo Black verras Afrikaans is Groot-konsertgangers
“Dis so lekker om weer vanjaar deel te wees van Afrikaans is Groot en ek was so opgewonde – maar toe kan ek nie eens iets daaroor sê nie, want ek moet die geheim hou.”
Ontploffing by fabriek, verskeie beseer
Een van die beseerdes in ‘n ontploffing in Johannesburg is in ‘n kritieke toestand.
Nuwe stroomdiens bied kykgenot in Afrikaans wêreldwyd
“Maak nie saak waar die persoon woon nie – Kaapstad, Springbok, New York of Sandton – elkeen kan sy Afrikaanse herkoms kan beleef op sy eie unieke manier.”
Bestellings stroom in vir Musk se Cybertruck
Volgens Musk is die ontwerp van die bakkie deels geïnspireer deur die Esprit-sportmotor in die James Bond-fliek The Spy Who Loved Me van die 1970’s.
Wolmaransstad-plaasmoord: ‘Landelike onveiligheid ANC se skuld’
“Hierdie somber voorval laat net nóg ʼn gemeenskap, nóg ʼn familie en nóg ʼn [eggenoot] getraumatiseerd en vreesbevange ná ʼn trauma wat deur geen trooswoorde gesus kan word nie.”
Luister: Gerhard van Huyssteen gesels oor taboewoorde, konteks en taalgebruik
“Ek wil graag glo dat baie mense by my navorsing sal baat,” sê Gerhard van Huyssteen. Hy het ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak en gesels oor die navorsing wat hy gedoen het oor taboewoorde en wat die nut van hierdie navorsing kan wees.
Eskom wil krag van 3 munisipaliteite in Vrystaat afsny
Eskom het drie munisipaliteite in die Vrystaat kennis gegee dat hy die kragtoevoer na die munisipaliteite by geleentheid as gevolg van wanbetaling gaan onderbreek.
Wees bedag op dié OTM-slenters
Kaartbedrog het verlede jaar tot verliese van R873 miljoen gelei.
Bewaringsbevel teen direkteure van maatskappy met Gupta-bande
Volgens die NVG is die ondersoek na die omstrede Regiments-groep se optrede in ʼn gevorderde stadium.
Woef en kameelperd maak maats
Hunter het maats gemaak met ‘n nege dae oue kameelperd by die Rhino Orphanage in Limpopo.
Die wêreld in foto’s – 25 November 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Hekelmarathon hoop om 42 000 wolblomme op te lewer
Dié blomme gaan verkoop word om slagoffers van geslagsgeweld by te staan.