Jan de Kock (70) is op sy plaas buite Petrus Steyn in die Vrystaat vermoor.
Alles vir die sleutelwoord "boere"
Video: “Die boerdery is lekker”
Terwyl statistieke oor die regering se grondhervormingsprojekte nie goed lyk nie, glo ‘n Vrystaatse landboumaatskappy hy het ‘n werkbare model ontwikkel om ‘n sukses daarvan te maak.
ANC sê oor Modise se plaas
Die ANC sê hy is seker daarvan dat selfs die gevestigde boere van vandag ook al foute in die verlede gemaak het wat die gesondheid van hul vee, die produktiwiteit van hul plase en hul winste in gevaar kon stel.
Limpopo-boere beboet oor lone
Minstens 10 boere in Limpopo is beboet, party met meer as R1 miljoen, omdat hulle hul werkers glo te min betaal.
Twee wat boere glo terroriseer ‘te gevaarlik’ vir borg
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle boere in Malalane, Mpumalanga geterroriseer het, is borgtog geweier nadat ’n ondersoekbeampte getuig het hulle hou ’n gevaar in vir die publiek.
Video: Jong boere positief oor toekoms
Grondeise, loonstakings en ‘n sukkelende wisselkoers is maar net van die uitdagings wat Suid-Afrikaanse boere moet trotseer.
Video: Minister beskuldig boere van rassisme
Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het weer te velde getrek teen Wes-Kaapse boere.
Man skuldig aan moord op boer
ʼn Tweede verdagte is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op Micky Hampson (68).
Tronkstraf of boete vir boer wat glo werker skiet
Johannes Fourie, ʼn boer wat skuldig bevind is dat hy ʼn vuurwapen onwettig hanteer het, is ses maande tronkstraf opgelê, het die SAUK berig.
Gedig: Teksture van hier
Zandra Bezuidenhout se gedig, “Teksture van hier” laat jou die grond ruik en na die plaas verlang.
Boere onseker oor grondeise
AgriSA het gesê dit is ‘n “verpletterende slag” vir handelsboere dat grondeise vir die volgende vyf jaar weer oopgestel is, het Rapport Sondag berig.
SA-boere sukkel in die Kongo
Slegs nege van ʼn groep van 29 Suid-Afrikaanse boere wat in 2011 na die Kongo verhuis het, boer nog steeds.
Video: Boere op die aardsdrempel
Richard Finn Gregory, ʼn rolprentvervaardiger van Kaapstad, beplan om ʼn dokumentêr te verfilm oor 800 Boerefamilies wat ná die Anglo-Boereoorlog na Argentinië gevlug het. Daar is steeds sowat 45 mense wat Afrikaans praat en verstaan, maar slegs 10 wat Afrikaans vlot kan praat.
Skadevergoeding aan Mpuma-boer se familie
Die polisie moet skadevergoeding betaal aan die familie van Johannes Bezuidenhout, ʼn boer van Mpumalanga, nadat ʼn ontsnapte gevangene hom met ʼn polisiebeampte se pistool doodgeskiet het, het The Citizen berig.
Boer blameer vir Swartruggens-waterprobleem
ʼn Boer wat glo ʼn waterklep toegedraai het, word blameer vir die watertoevoer-probleem Sondag in Swartruggens en die Borolelo informele nedersetting in Noordwes.
Vyfde plaasaanval vir 2014: Boer sterf in Barkly-Oos
Sarel Pretorius (61), ʼn boer van Barkly-Oos in die Oos-Kaap is dood nadat hy en sy vrou, Annemarie, Dinsdagaand op hul plaas, Rooiport, aangeval is.
Kaapse boer word al dae lank vermis
Andrew Whittingdale, ʼn 56-jarige boer van die Wes-Kaap wat twee plase daar besit, het op 3 Januarie onder vreemde omstandighede verdwyn.
Boere bied hulp aan
Boere in die Wes-Kaap sal voer aan die droogtegeteisterde dele in die Noord-Kaap en Noordwes skenk, het Gerrit van Rensburg, provinsiale LUR vir landbou, Dinsdag gesê.
Boer gevonnis vir moord
Louis Maree (70), ʼn boer van die plaas Water Vaal in Verkeerdevlei in die Vrystaat, is deur die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Jermiah Botsane.
Nuuskommentaar: O Bhuru, het die wêreld mal geword?
Dit sal nogal ‘n soektog deur die argiewe afgee om ‘n gekker dag in die wêreldkanale te vind as Dinsdag.