(1) Vir ewig- Lee Scott (2) Sewe oseane- Andriëtte (4) Spore- Elvis Blue (5) Twee- Jay (3) Swart koffie- Corlea
Lees meerAlles vir Woensdag 15 Januarie 2014
Familie glo meermin het seun gevat, soektog duur voort
Polisieduikers soek steeds na die liggaam van ʼn 12-jarige seun wat op 31 Desember vermis geraak het in ‘n sytak van die Sabierivier in Mpumalanga.
Vier vas vir sluipmoord op oud-spioenhoof
Vier Rwandese, insluitend ʼn senior millitêre beampte, word in Mosambiek aangehou in verband met die moord op Patrick Karegeya, die oud-spioenhoof van Rwanda. Karegeya se liggaam is op Nuwejaarsdag in sy hotelkamer in Sandton, Johannesburg gevind.
‘King of Bling’ se broer ook vas
William Mashobane Mbatha, die sogenaamde ‘King of Bling’, se broer is in Atteridgeville, wes van Pretoria in hegtenis geneem.
Seun (7) geskiet op pad skool toe
ʼn Sewejarige seun is Woensdagoggend in Elsiesrivier, Kaapstad geskiet en gewond terwyl hy op pad was skool toe.
DA gee Zuma weer ʼn F
President Jacob Zuma het weer, soos verlede jaar, ʼn F gekry op die DA se 2013 kabinet-rapport.
‘Olifantaanval kon vermy word,’ sê kenner
Die twee toeriste, wat deur ʼn olifant aangeval is in die Krugerwildtuin, kon die aanval vermy het indien hulle geweet het hoe om ʼn olifant se lyftaal te lees, het ʼn kenner van dieregedrag gesê. ‘n Video van die voorval volg onderaan die berig.
JHB-dieretuin betreur afsterwe van ysbeer
Die Johannesburgse dieretuin betreur die afsterwe van een van sy twee ysbere, het Johannesburg Stadsparke en die Dieretuin, Woensdag gesê
NSA koekeloer wêreldwyd op 100 000 rekenaars
Die Amerikaanse National Security Agency (NSA) het spioenasie-programme, algemeen bekend as “spyware”, wêreldwyd op sowat 100 000 rekenaars geplant, aldus die New York Times, wat op sy beurt verskeie bronne aanhaal.
Skilderye moet Portugese begrotingstekort uitskakel
Die Portugese regering gaan sy versameling skilderye van die Katalaanse skilder, Joan Miró op ‘n veiling van Chistie’s in Londen verkoop.
SA se ekonomie effens vryer
Suid-Afrika se ekonomie is nou effens vryer as die vorige jaar, aldus die Wall Street Journal en die Heritage Foundation se 2014-indeks wat pas bekend gemaak is.
Vrou vas oor vals kapingsklag
ʼn 27-jarige vrou is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn vals klag oor ʼn kaping by die polisie gelê het.
Só is vroue geflous en van duisende rande beroof
Twee vroue is deur twee mans van duisende rande beroof by Jabulani-winkelsentrum in Soweto, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.
Braaier uit winkels verwyder wat glo giftige nikkel afskei
Massdiscounters, waaraan Game-kettingwinkels behoort, het Woensdag gesê hulle gaan ʼn sekere braaier uit sy winkels verwyder nadat dit onder Maroela Media se aandag gekom het dat die braaier se rooster glo nikkel afskei indien dit gebruik word.
17 nuwe skole in Gauteng
Altesaam 17 nuwe skole het Woensdag in Gauteng hul deure oopgemaak.
Brits-betoging: 14 in die hof
Altesaam 14 mense sal Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle die Padverkeerswet verontagsaam het, het die polisie in Noordwes gesê.
Drie vroue in hof oor man se aanranding
Drie vroue, wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in Soweto aangerand het, het Woensdag in die Meadowlands-landdroshof verskyn.
Olifant-video is eg, toeriste kan beboet word
SANParke het bevestig dat ʼn video van ʼn olifantbul wat ʼn voertuig aanval, die ware beeldmateriaal is van ʼn voorval waartydens twee toeriste onlangs in die Krugerwildtuin beseer is.
Brits-betoging eis nog ʼn lewe
Nog ʼn inwoner van Mothutlung naby Brits wat vir skoon water betoog het, is dood nadat hy glo uit ʼn bewegende Njala-pantservoertuig geval het.
Mans in hof wat glo skoolseun (16) doodslaan
Twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn 16-jarige skoolseun doodgeslaan het, het Dinsdag in die Nelspruit-streekshof verskyn.