Die gebruiker Rhys het dié prettige video van ‘n klomp blouwildebeeste wat al om ‘n boom loop, na Kruger Sightings gestuur.
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 Julie 2014
E-tolpaneel binnekort aangewys
Lede van ʼn paneel wat die impak van e-tol in Gauteng gaan ondersoek, sal Donderdag aangewys word.
Zille aangewys ondervoorsitter van NRVP
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, is Dinsdag as ondervoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) aangewys.
Vrou steek driejarige glo 99 keer met ‘n mes
ʼn Vroulike familielid van ʼn driejarige dogtertjie is in hegtenis geneem nadat die kind dood aangetref is met 99 steekwonde, het die polisie in die Vrystaat Dinsdag gesê.
EFF wil glo van “Die Stem” ontslae raak in volkslied
Die VF Plus het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy verwerp met minagting die oproep van die EFF om weg te doen met Die Stem as deel van die volkslied.
Hof las dat watertoevoer na skole herstel word
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het vandag in ʼn dringende aansoek wat deur AfriForum en FEDSAS gebring is, beveel dat watertoevoer na skole in Vanderbijlpark herstel word.
Ramphele kondig uittrede aan
Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, het Dinsdag haar uittrede uit politiek aangekondig.
ANC sê oor Modise se plaas
Die ANC sê hy is seker daarvan dat selfs die gevestigde boere van vandag ook al foute in die verlede gemaak het wat die gesondheid van hul vee, die produktiwiteit van hul plase en hul winste in gevaar kon stel.
Vermiste babaseuntjie dood gevind
‘n Tweejarige seuntjie wat Vrydag as vermis aangemeld is, se liggaam is gevind.
FAK: “Die Stem moet regmatige plek hê by kultuurfeeste”
Die FAK sê in ‘n verklaring “Die Stem” as kultuurlied is steeds ’n kosbare kulturele erfenis vir baie Afrikaners.
Video: Só lyk dit binne ‘n vuurwerkvertoning
Jos Stiglingh van Rustenburg se video van ‘n vuurwerkvertoning in West Palm Beach, Florida in Amerika, is reeds meer as 7 miljoen keer op YouTube gekyk.
Resepteboek: Kokkedoor 2
Die tweede boek van die uiters gewilde realiteitstelevisiereeks Kokkedoor wat van April tot Junie 2014 op kykNET uitgesaai is. Nostalgie het nog nooit so lekker geproe nie!
Solidariteit begin reuseveldtog teen Telkom-afleggings
Die vakbond Solidariteit het vandag ’n reuseveldtog teen Telkom se huidige afleggingsproses, waar ras as kriterium gebruik word, van stapel gestuur.
Nog ‘n PTA-winkelsentrum beroof
Minstens een persoon is beseer nadat ‘n groep gewapende mans Dinsdagoggend die Vodacom-selfoonwinkel in Northpark Mall, in die noorde van Pretoria, beroof het.
Uitdrukking: Blou moord skree
Lees vandag se Taaltoffie om te lees waar die uitdrukking “om blou moord te skree” vandaan kom.
Video: “Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar”
‘n Strafsaak word ondersoek teen die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, nadat die DBV ‘n klopjag op haar plaas uitgevoer het.
Radio-omroeper vas ná moord op vriendin
‘n Radio-omroeper wat glo sy 32-jarige vriendin vermoor het, is Dinsdag in Gauteng in hegtenis geneem.
Resep: Blindevinke
Die heerlikste blindevinke: baie maklik en ideaal om jou gesin op ‘n Sondagmiddag mee te bederf!
Montecasino-moord: Verhoordatum vasgestel
Die twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor en sy liggaam in die kattebak van ʼn motor by Montecasino gelos het, se verhoordatum is Dinsdag in die Randburg-landdroshof bekend gemaak.
Verdediging sluit saak in Oscar Pistorius-moordverhoor
Die verdediging het Dinsdag sy saak in Oscar Pistorius se moordverhoor gesluit deur te sê meeste getuies het geweier om vir die verdediging te getuig.