Dis nie net ’n lekkerleesboek met foto’s van legendariese Recces en stories oor hulle opleiding en geheime operasies nie, dis ook die ideale Kersgeskenk vir die mans in jou lewe, skryf Jaco Kirsten.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "resepteboeke"
Boek: Shisanyama
Van die honderde inskrywings wat hy ontvang het, het Jan meer as 80 gunsteling Suid-Afrikaanse braairesepte getoets en ingesluit.
[Boek] 30
Die gewilde koskenner Herman Lensing vier 30 – op allerhande maniere, maar (natuurlik!) het die belangrikste daarvan met kos te doen.
[Boek] Martelize kook! Jy’s genooi
Kosmaak is Martelize se manier om te ontspan aan die einde van ’n dag. En met Martelize kook! Jy’s genooi kan sy nóg ’n vaardigheid op haar CV skryf: kosskrywer.
Boek-resensie: Boerekos met ’n twist
In “Boerekos met ’n twist” deel Annelien 140 kwyllekker familieresepte van outentieke erfeniskos waarmee ons grootgeword het. Die boek bevat veel meer as net ’n versameling smullekker nostalgiese resepte. Annelien deel kwistig raakvat-raad uit en vertel van kortpaaie en plaasvervangers – haar “resep met ’n les”-konsep wérk.
Boek-resensie: Smeul
Drie vroue, een kombuis. Hierdie is nie ‘n geval van “too many cooks spoil the broth” nie. Inteendeel, dié drie vriendinne, ‘n skrywer, bemarker en radioloog, kook saam dat die stoom trek.
[Boek] Boerekos met ‘n twist
In Boerekos met ’n twist gee Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het.
Resensie: Clover Gunsteling Suid-Afrikaanse Kos
Hierdie resepteboek bevat ʼn wonderlike verskeidenheid tradisionele kosgunstelinge wat die inheemse kulture van ons land se diverse kostradisies vier.
Resensie: 50 Sop- en broodgeregte
“Sop en brood maak nie net ons mae vol nie, maar dit bring ook ’n warmte in ons siele. Dis immers geselskos…”
Resensie: Nie vir ma’s nie – ʼn kookboek vir pa’s en kinders
Ek het ʼn spesmaas dat hierdie prettige kookboek vir pa’s en kinders wel in die geheim deur ma’s gebruik gaan word, want dié versameling heerlike resepte word van maklik verkrygbare bestanddele gemaak. Enige groentjie in die kombuis sal gou leer dat kosmaak eintlik kinderspeletjies is.
Boek: Vuurwerke
Die boek bevat Jan Braai se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, hoender, lamstjops, sosaties, boerewors en beesstert-potjie.
Boek: Deeg
’n Besonderse boek wat al die kunsies van deeg fynkam: bestanddele, toerusting, basiese beginsels en puik resepte.
Kook saam Kaaps wen ʼn Gourmand!
LAPA Uitgewers en die ATKV is baie trots nadat die jurie van die Gourmand World Cookbook Awards pas aangekondig het Kook saam Kaaps, deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker van Bonteheuwel, die nasionale wenner is in die kategorie vir beste plaaslike cuisine.
Om die kombuistafel met Steve en ander bekendes
Steve Hofmeyr en ander bekendes soos Bobby van Jaarseveld en Kurt Darren se gunstelingresepte is opgeneem in ʼn nuwe resepteboek wat gisteraand bekendgestel is by die Blou Hond-teater in Pretoria.
Boek: Tuistafel
Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere – of dit ’n eenvoudige onthoukos-gereg of voorbereidings vir ’n feesmaal saam met Errieda se kleurryke kosvriende is.
Boek: Corli se kombuis
Bak en kosmaak was nog altyd Corli se grootste liefde. Dié liefde is versterk toe sy en haar gesin ‘n rukkie in Frankryk gewoon het.
ʼn Kookboek vir allergieë
Hierdie boek, sê Hilda, is nie vir “siek mense” nie, maar vir enigiemand wat gebalanseerd en lekker wil eet. Daar is ʼn verskeidenheid resepte – van voorgeregte tot nageregte, elk ook met verskillende variasies.
[Video] Sjef Snoekie laat die potte sing met resepteboek
Snoekie (soos haar vriende haar noem) is eintlik Marlise Scheepers – ʼn voormalige nuusredakteur en joernalis. Dis egter haar liefde vir kook en sing wat haar hart gelukkig maak.
‘Dit gaan oor porsiebeheer’, meen dieetkundige
As dieetkundige is Hilda gefokus op gesonde kos, maar omdat sy ook ʼn liefde vir kos het, sê sy dat kos ook lekker moet wees.
Luister: Jong sjef het die wêreld aan sy voete my sy besonderse kookboeke
Josh Thirion is dalk net ʼn 13-jarige seun van Belville in die Kaap, maar hy het reeds twee internasionale pryse ontvang vir sy resepteboeke. Josh was in Oktobermaand in Duitsland en vroeër vanjaar in Sjina, waar hy vereer is vir sy uitsonderlike kookboeke.