“Raakvlakke tussen die twee tydperke en die karakters van Sabine en Henrietta benadruk die mens se broosheid in die aangesig van ellendes – of dit nou ʼn virus is, of dit oorlog is, en of dit die mens se gewaande pogings is om van ongemak weg te kom.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "boekresensie"
Boek van die maand: ‘Gebeente’
Etienne van Heerden span die verbeelding so knap in as die slagveld waar waarheid en onwaarheid (of dalk waarhede en onwaarhede) teenoor mekaar te staan kom, omdat hy in dié roman weer die werklikheid helderder karteer en bowenal met taal vorendag kom wat ons kan help om die wêreld beter te verstaan.
Boek van die maand: ‘Deelfontein’ deur Nicole Jaekel Strauss
Die oorlog is dalk die groter doek waarvan Jaekel Strauss se boek ʼn kleiner tapisserie is oor die trauma van geweld in meer fasette as net oorlog.
Boekresensie: ‘Deur die tonnel van twyfel’ deur Koos Kombuis
“Hierdie boek is iets wat ʼn mens gerus kan lees omdat Koos nie net sy eie ervaring hier uitdruk nie, maar iets weerspieël van baie ander mense se eie proses.”
Boek van die maand: ‘Ons skulde’ deur PP Fourie
By die eerste lees van die titel kom die woorde uit die gebed wat Christus vir sy dissipels voorgehou het dalk by ʼn mens op: “Vergeef ons ons skulde, soos ons ons skuldenaars vergewe.”
Boek van die maand: Onder ʼn bloedrooi hemel – Liefde en geweld in Suid-Afrika
Annemarié van Niekerk gee “liefde en geweld” as sleutel in die subtitel. Sy skryf dus nie net oor geweld nie, maar oor die verstrengeling van liefde en geweld, soos sy dit eerstehands ervaar het. Wat die boek inderdaad ʼn brawe stuk werk maak, meen Johan Myburg.
Boekresensie: ‘Decima’ deur Eben Venter
Die teks word ʼn web, vernuftig gespin uit vertellings uit verskillende oogpunte, persoonlike vinjette en daarby ʼn sweem van die fabel waarin diere aan die woord kom.
Boek van die maand: ‘Hierdie land’
Die skrywers fokus nie voluit op die onraad in die land nie, maar eerder op goed soos landskap, gebruike en verbondenheid met die plek.
Boekoorsig: Die Kaapse slawe 1652-1838: ’n Kultuurhistoriese perspektief
“Die boek bied nie net ’n kykie op die Kaapse slawe vanuit ’n kultuurhistoriese oogpunt nie, maar gee die leser ook ’n goeie idee van hoe die lewe vir beide slaaf en eienaar destyds aan die Kaap daar uitgesien het.”
Boekoorsig: Betereinder
Die boek is propvol stories, lewenslesse en praktiese raad oor hoe ons mekaar ’n plekkie in die son kan gun.
Boekoorsig: Waag dit! om lief te hê
Hierdie besonderse dagstukkieboek daag getroude paartjies oor ’n tydperk van 365 dae uit om nie net te leer wat onvoorwaardelike liefde beteken nie, maar ook hoe om dit te gee.
Boekoorsig: Genesing vir trauma
“Die sentrale boodskap van die boek is dat daar wel genesing en hoop vir traumalyers is. Dit is een van die waardevolste boeke wat ek in ’n lang tyd gelees het.”
Boekoorsig: Heimwee
“Hierdie verhoudingsfiksie is beslis nie spookasem nie. Sophia Kapp slaag uitstekend daarin om nie in die slaggat van verromantisering te trap nie.”
Boekoorsig: Krieket, kerrie en Gandhi
Krieket, kerrie en Gandhi – met Royal Enfields deur Indië is nóg ’n allerheerlike Voetspore-storie. Skaf gerus die boek aan en verlustig jou in die vreemde maar wonderlike ervaring wat Indië en sy mense bied.
Boek van die maand: ‘Ver in die wêreld’ deur Frederik de Jager
Die verhale in dié jongste bundel van De Jager is egter nie die neerslag van besoeke of reise nie, maar stories van skrywers wat “in die buiteland woon of gewoon het”, mense wat wortels hierdie kant opgetrek het en iewers ’n bestaan gaan maak het.
My kreatiewe Joernaal-Bybel
Kunssinnige siele sowel as dié wat daarvan hou om intensief Bybelstudie te doen met ’n pen in die hand, sal hierdie publikasie beslis van waarde vind.
Boekoorsig: Lekker & goed
Nou kan jy en jou gesin heerlik aan die geregte smul sonder om skuldig te voel.
Boekoorsig: Die menslike dieretuin
Weetgierige persone sal waarde put uit hierdie insiggewende publikasie wat van die jongste navorsing oor parasitologie bevat. Die leser leer nie net oor parasiete en organismes en hulle effek op die mens nie, maar ontwikkel ook ’n dieper insig in die mens se plek in die natuurlike wêreld.
Boekoorsig: Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog
Dis die ideale boek om saam met ouer kleinkinders deur te blaai, hulle meer te vertel van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) en ’n liefde vir die geskiedenis van Afrikaners by hulle te kweek.
Boekoorsig: Ontmoet God in gebed
Lesers kan, deur hierdie boek te lees, meer te wete kom oor wat gebed is, watter waarde ons daarin vind en ook hoe om te bid.