Argentinië het ʼn vurige terugvegpoging geloods, maar Engeland het die Wêreldbeker-bronsmedaljewedstryd met drie punte in Parys gewen.
Lees meerAlles vir Vrydag 27 Oktober 2023
Broekskeur, maar Proteas hak knoop deur!
Suid-Afrika is tans eerste op die Wêreldbeker-punteleer nadat hy vir Pakistan met een paaltjie in Chennai geklop het.
‘Talle meer gaan sterf’; VN waarsku oor konflik in Midde-Ooste
Die departement van gesondheid in die Hamas-beheerde Gasa-strook het Vrydag gesê die aanvalle het reeds 7 326 lewens geëis, die meeste van hulle burgerlikes en talle van hulle kinders. Israel het Hamas op sy beurt beskuldig dat hy hospitale in Gasa as operasionele sentrums gebruik om aanvalle te loods.
Hond gered wat so hittete deur see meegesleur word
ʼn Voormalige vloot-duiker het die beroering gesien en na die strand gehardloop waar hy ʼn kano gegryp en begin roei het in ʼn poging om die hond te red.
Foto’s: SA se Bryoni skitter in groen-en-goud-tabberd op Mej. Heelal-verhoog
Die indrukwekkende uitrusting deur die bekroonde KwaZulu-Natalse ontwerper Casey Jeanne vier Bryoni Govender se Indies/Suid-Afrikaanse herkoms en gaan verseker dat sy op die verhoog straal.
Bok-oorwinning sal lig in SA’ners se tonnel wees – Stick
“Jy vra oor ons agtergrond … eerlikwaar, hierdie is waarvoor ons leef. Dit is oor die mense in gemeenskappe terug in Suid-Afrika wat droom om in ons posisie te wees.”
Hulp vir pluimveebedryf dalk gou op pad
Vroeër vandeesweek nog het amptenare van die departement oproepe om steun verwerp – van onder meer die DA en die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) – en aangevoer dat die departement nie die hulpbronne het om te help nie en ook onder geen verpligting is om enige vergoedingsteun te lewer nie.
‘SA’ners is honger; help hulle’, pleit DA by regering
“Dit is die regering se taak om Suid-Afrikaners teen die lewenskostekrisis te beskerm. Die regering kan hierdie probleem oplos, maar sal nie, want hulle gee nie om nie,” sê die DA.
Gróót reën op pad; sneeu plek-plek selfs moontlik
Ná ʼn week van versengende hitte op sommige plekke is die goeie nuus dat Suid-Afrika kan regmaak vir wydverspreide reën.
‘The Promise’ stem tot nadenke
‘The Promise’ is ʼn teaterervaring wat ʼn mens opnuut aan die kuns van teater herinner.
Luister: Verskillende konsepte wat met alkohol-inname verband hou
Wat is die verskil tussen alkoholgebruik, -misbruik, -afhanklikheid en verslawing? Luister hier na Willie Pienaar se verduideliking.
ToekomsVenster: Jou liggaam is ʼn tempel
Versorg jou liggaam, gee dit genoeg voedsame stowwe, wees versigtig met wat jy daarin sit. Oefen jou liggaam, moenie aan elke gril en gier daarvan toegee nie. Die liggaam kan opdringerig en veeleisend wees. Die liggaam het dissipline nodig. Versorg dit en hê dit lief, baie lief.
Lewenslank vir man wat kind verkrag, met MIV besmet
Terwyl die man op borgtog vrygelaat was vir die verkragting van ʼn sewejarige dogtertjie, het hy na bewering ook sy broerskind verkrag.
Boekresensie: ‘Deur die tonnel van twyfel’ deur Koos Kombuis
“Hierdie boek is iets wat ʼn mens gerus kan lees omdat Koos nie net sy eie ervaring hier uitdruk nie, maar iets weerspieël van baie ander mense se eie proses.”
Kolwers sal nou staal in lopiejaagtog moet wys
Ná ʼn paar groot tellings weet almal dat die Proteas die pap dik kan aanmaak wanneer hulle eerste kolf. Hulle moet egter nou 271 lopies vir ʼn oorwinning teen Pakistan aanteken.
Buurman skuldig aan Moedersdag-moord
Die liggaam van die 89-jarige Annatjie Kruger, geklee in haar kerkklere, is op 8 Mei 2016 op die vloer van haar slaapkamer aangetref. Haar buurman is eindelik ná jare skuldig bevind aan haar gru-moord.
Kampioenswemmer, gidshond hou lyf model
“Toe die skare vir ons hande klap en skree moes ek myself herinner om nie te begin huil nie. Niks kon my onder kry op daai oomblik nie.”
Vroeë Kersfees wag dalk by brandstofpomp
Die Automobiel-Assosiasie (AA) voorspel dat die prys van petrol, diesel en selfs paraffien in November skerp gaan daal.
Jakarandas blom vir borskanker
Elke jaar hierdie tyd wanneer ek in die strate van Pretoria ry en die jakarandabome sien blom, weet ek dit is tyd om gebreide borsprostese uit te deel.
Watwou … ‘Wedwo’ is terug!
Suid-Afrikaanse vissmeerliefhebbers kan weer na hartelus aan ʼn vuurwarm snytjie roosterbrood met vissmeer smul.