ToekomsVenster: Jou liggaam is ʼn tempel

liggaam-is-n-tempel

(Foto: Chris Jarvis/Unsplash.com)

“Of weet julle nie dat julle liggaam ʼn tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?” – 1 Korintiërs 6:19 (AFR53)

Ons het aandag gegee aan die geestelike en emosionele welsyn van onsself, maar gesels vandag oor die fisiese aspek van ons lewens. Liggaam, emosie en geestelike welsyn in gesonde balans is noodsaaklik ten einde geloofwaardige en navolgenswaardige getuienisse vir die Here te wees.

Jy mag voel dat om tyd en aandag aan die fisiese te gee, tydmors is. Die liggaam gaan tog vergaan. Dit is die geestelike wat belangrik is, mag jy redeneer.

Dit is uiteraard doodgewoon nie waar nie. Die Bybel sê dat die liggaamlike oefening belangrik is, nie ten koste van die geestelike nie, maar niks minder as ʼn noodsaaklike stuk van ons gereedskap op aarde nie. Wie die liggaam verwaarloos, verwaarloos die gawe wat God gegee het. ʼn Hele aantal dinge kom by ʼn mens op wat verband hou met die liggaam.

Rus, gereeld en genoeg. Dit is tog nie sleg om te rus nie en eintlik ʼn heerlike stuk bederf as dit reg benader word. Omdat sommige mense liggaamlik verwaarloos is, het hulle nie die energie wat nodig is nie en kan niks anders doen as om te rus nie.

Die liggaam se hande, voete, oë en ore, die hele liggaam, is die voertuig waarmee God na ander mense kom.

Ons praat nie oor gestremdhede nie. Vir sommige mense is dit hul daaglikse realiteit. Miskien is dit jou realiteit. Dis merkwaardig hoe mense wat nie al die fisieke vermoëns het wat die meeste van ons het nie dikwels ver meer vermag as gesonde mense.

Versorg jou liggaam, gee dit genoeg voedsame stowwe, wees versigtig met wat jy daarin sit. Oefen jou liggaam, moenie aan elke gril en gier daarvan toegee nie. Die liggaam kan opdringerig en veeleisend wees. Die liggaam het dissipline nodig.

Versorg dit en hê dit lief, baie lief.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nici ·

Ek dink die boodskap wat ons behoort te lees is dieper as rus, kos en oefening.

OW ·

Hierdie boodskap gaan juis oor die fisiese aspekte van die liggaam,wat in harmonie met die geestelike en emosionele aspekte moet wees.Maw daar moet ‘n balans tussen die drie aspekte wees.Om alles altyd te vergeestelik is ook nie,na wense nie,want die aardse lewe is fisies van aard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.