Gedagte vir die dag: Dagbreek met God

Argieffoto (Foto: Patrick Tomasso/Unsplash)

“Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.” (Psalm 5:4)

Skrifgedeelte
Psalm 5:4 (NLV)

Oordenking
Die hedendaagse mens het die natuurlike dag-en-nag-ritme verloor. Toe mense nog op die son se ritme ingestel was, het hulle heelwat vroeër gaan slaap en vroeër opgestaan. Die ou mense het feitlik elke oggend die son sien opkom, terwyl die moderne mens daardie daaglikse wonderwerk skaars ken.

In die oggend is die lug vars en fris, die kleure dieper en helderder en die voëltjies vrolik en bedrywig. Oggende is ideaal om die Woord te lees en met God te praat. Dis nie verniet dat die gewildste oomblikke vir stiltyd in die oggend is nie – ook Jesus het dikwels vroeg opgestaan om met God te praat. Kom ons ontdek die oggende weer en maak die Here deel van ʼn heerlike tydjie!

Gebed

Skepper, nêrens is ek nader aan U en aan U skepping as in die vars oggende nie. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.