“Die gemiddelde salaris in die land verhoog nie teen dieselfde koers nie en is dus nie genoeg om inflasie teen te werk nie, dus raak Suid-Afrikaners al hoe armer.”
Lees meerAlles vir Woensdag 27 Maart 2024
Moedertaalonderrig: ‘Dis MOS ’n slim plan’
“Navorsing wys dat moedertaalonderrig ’n sleutelrol in gehalte-onderrig en insluiting in die klaskamer speel en dat dit leeruitkomste en akademiese prestasie verbeter.”
ANC pak MK-party oor gebruik van logo
Volgens die ANC se regspan is daar “oorweldigend baie getuies” wat die MK-party se onregmatige misbruik van die oorspronklike MK-logo bewys.
MRK mag appelleer teen Malema-uitspraak
In die uitlatings wat hier ter sprake is, het Malema onder meer gesê: “We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now.”
Leeubevolking in Uganda daal drasties
Dié afname volg op verskeie oënskynlike vergiftigingsgevalle. Nege leeus is in 2022 vergiftig, ses in 2021 en 11 in 2018.
Paasnaweek bring goeie beurtkragnuus
Die kragvoorsiener het dié goeie nuus aan die volgehoue beskikbare opwekkingskapasiteit, asook die beplande 2 300 MW wat weer teen Vrydag beskikbaar sal wees, toegeskryf.
SA kort regeringsverandering, nie naamsverandering – VF Plus
Volgens die VF Plus mors die regering sy laaste stuiptrekkings op naamsveranderinge.
ToekomsVenster: Gegiet in God se beeld
Waartoe roep die gebeure ons as dit nie tot diepe dankbaarheid, verwondering en toewyding is nie?
Pa verkoop kosbare trekker om vir dogter se studie te betaal
“Ek is trots, trots, trots. Ek sou alles verkoop wat ek besit,” het ʼn pa van Limpopo gesê nadat sy kind haar doktorsgraad behaal het.
Rentekoers onveranderd
Die sentrale bank is vol moed dat inflasie vorentoe weer by 4,5% gaan draai.
Gedig: Avondmaal
“Toe het Hy die brood geneem en God gedank, dit met die hand gebreek en dit geseën: die beker het Hy boordevol gegooi.”
Só word Westdene-busramp 39 jaar later nog onthou
“My eerste gewaarwording was kinders by die wal wat te hoog is om uit te kom. Sommige van hulle het verbete vasgeklou aan hul tasse. Ek het besef dat hulle in die pandemonium om uit te kom mekaar gaan verdrink.”
Jong Bokke skop kampioenskap-veldtog teen Kiwi’s af
Die Bokke, Argentinië, Nieu-Seeland en Australië sal in die eerste kompetisie van sy soort om die trofee meeding.
20 jaar vir man wat jong ma vermoor
“Hy verdien om vir die res van sy lewe in die tronk te verrot.”
Polisie gryp in toe broers motor in ‘helikopter’ verander
Die broers se planne is in die wiele gery toe polisiebeamptes op die “motorkopter” beslag gelê het.
Dis Klaasen teen Bumrah en kie
Heinrich Klaasen het Saterdag 63 blitsige lopies in ʼn Indiese Premierliga-wedstryd geslaan, maar vandag sal hy die Mumbai Indians se Jasprit Bumrah en Gerald Coetzee moet tem.
Koch waarsku teen Edinburgh se vuur
“Hulle gaan waarskynlik kwaad en teleurgesteld wees met hul vertoning teen die Stormers en hulle sal sake teen ons wil regstel.”
Gr. 11-leerder van Cullinan vermoor
Die tiener se lewelose liggaam is in ʼn familielid se huis gevind. Sy is vermoedelik ook verkrag.
Onbeskofte hooflanddros afgedank
Sy het onder andere op ’n klagstaat aan ’n kollega geskryf, “het jy uiteindelik jou kop verloor?” en vir nog ʼn kollega gesê: “As ek jou deur die muur kon gooi…”
Husqvarna stel Svartpilen 801 bekend
Die ontwerp van die fiets is getrou aan sy voorganger met ’n minimalistiese ontwerp en dadelik herkenbaar as ’n Svartpilen.