Paasnaweek bring goeie beurtkragnuus

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die komende Paasnaweek (langnaweek) gaan nie net ʼn ruskans van werkverpligtinge bring nie, maar die beurtkrag-blaaskans is óók verleng.

Eskom het Woensdag aangekondig dat beurtkrag tot Sondag om 16:00 opgeskort sal bly.

Die kragvoorsiener het dié goeie nuus aan die volgehoue beskikbare opwekkingskapasiteit, asook die beplande 2 300 MW wat weer teen Vrydag beskikbaar sal wees, toegeskryf. Dít tesame met die verwagte lae aanvraag oor die langnaweek.

Die aandspitsaanvraag vir vanaand sal na verwagting 27 465 MW wees.

Eskom sal Sondagmiddag die beurtkragskedule vir volgende week verskaf, asook verbruikers in kennis stel indien enige beduidende veranderinge plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Al weet ons nou al dat die opdragte vir die opskorting van beurtkrag van bo kom weet ons ook dit is alles verkiesingspolitiek.Dit is darem lekker om sepies te kan kyk en natuurlik die naweekse rugby.

Samuel ·

Natuurlik sal daar beduidende veranderinge wees. Net te lang tydperk om krag beskikbaar te stel

KB ·

Laat ons maar eers sien…die ANC se Eskom is so betroubaar soos ʼn valskerm met skeure in.

Papsak ·

Sien is glo want alles in SA is sien en glo want hier word te veel gelieg vir ons !!!?!?

Cassie Carstens ·

Hulle weet nie wat wag in die winter nie. Die aanvraag gaan bitter hoog wees agv koue toestande, en dan kan ons weer fase 6 beurtkrag kry. Kan die mense nie ‘n slag vir ons die waarheid vertel nie asseblief?

Bolandse Nooi ·

Verkiesingstyd = minder beurtkrag. Dié mense is slimmer (en hul ondersteuners dommer) as wat ons dink. Hulle weet PRESIES hoe om die mag der menigtes te paai … met valse beloftes. Kyk nou soos met die e-tol stelsel: dit sou 31/03/2024 tot ‘n einde gebring wees; nou gaan dit “binne twee weke” tot ‘n einde kom. Nee wat, “die mense moet eet” … die laaste bietjie tolgeldjies moet nog geïn word met die Paasnaweek-verkeer!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.