SA kort regeringsverandering, nie naamsverandering – VF Plus

Dr. Pieter Groenewald, Vf Plus-leier. (Foto: VF Plus/X)

Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, het verlede week ʼn rits nuwe naamsveranderinge in die Staatskoerant aangekondig. Die VF Plus meen egter Suid-Afrika het eerder ʼn “regeringsverandering” as nóg naamsveranderinge nodig.

Volgens dié jongste veranderinge sal Ladysmith in KwaZulu-Natal nou uMnambithi heet, William Nicolrylaan in Johannesburg word Winnie Mandelarylaan, en Kirkwood in die Oos-Kaap verander na Nqweba.

Verskeie veranderinge in die Oos-Kaap is ook aangebring.

“Terwyl die land in duie stort onder die ANC en mense daagliks sonder krag en water sit, is die regering ná 30 jaar aan bewind steeds ywerig besig met naamsveranderinge,” sê Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van sport, kuns en kultuur.

Volgens Denner is hierdie desperate spronge van die ANC ʼn wanhopige poging tot populisme, soos die onlangse aanhitsing by Lourierpark in Bloemfontein, om grond te beset en stemme te probeer werf vir die komende verkiesing.

Denner beklemtoon dat dit grens aan absurditeit omdat die regering met sy laaste stuiptrekkings steeds geld mors op naamsveranderinge.

“Dit word bloot verander. Alles met ʼn naam is in die visier. Van dorpe en strate tot berge en nedersettings.

“Die ANC het 30 jaar gehad om mense op die regte manier te beïndruk deur goeie regering en dienslewering. Die teenoorgestelde het gebeur.

“Of ʼn naamsverandering mense wat sonder krag of water tussen lopende riool woon, gaan beïnvloed in hul besluit vir wie om te stem, is nie so seker nie.”

Volgens Denner kan Suid-Afrika nie nog sinnelose naamsveranderinge óf die ANC-regering bekostig nie. “Die enkele verandering wat wel gebiedend noodsaaklik is, is ʼn regeringsverandering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Bostoe ·

Tipiese ANC mentaliteit. As iets gebreek is, verander die naam…problem solved

Papsak ·

Dankie mnr Groenewald staan op ek staan agter jou as daar veranderings gedoen moet word is dit om die regering van tans te verander nou tyd geword los ons dorps name uit hulle pla hulle nie daar nie geld om te mors nie bravo vir Mnr Groenewald !!!!!!!!!

Aai ·

Ek hou van die een gaan elke dag oor hom ry. William Nicolrylaan in Johannesburg word Winnie Mandelarylaan

Piet 6 ·

Aai, hulle het tot nou toe elke dag oor William Nicol gery !! He he he.

koos10 ·

Wanneer gaan die stemmers deur die ANC se deperate (lae) pogings sien? Voor elke verkiesing word name verander.

annie ·

Alles twak ja, maar dit verwag ons van die ANC. Die VFPlus kan ‘n slag self ‘n bietjie eie lewe toon of is dit nou ‘n bontparty. Oppas, julle gaan self verdwyn!

Veens ·

By all means, as jy iets gebou het, het jy die voorreg om dit ‘n naam te gee. Om iets wat deur ander daargestel is net’ n ander naam te gee, is ‘n onderduimse vorm van diefstal.

skurweberg ·

Wat in SA moet gebeur sal gebeur. Dis die enigste waarborg wat ons as gelowiges het. Ons weet mos dinge sal gebeur soos dit moet gebeur. Die’ “Finale PLAN” sal nie deur menslike ingrype verander of beivloed word nie. Hy bly in beheer.

Anel ·

Waar hille aan die name kom sal net hulle weet. En hoeveel mense kan dit uitspreek of dit onthou? Die spul by kuns en kultuur sukkel nou al hoe lank om geld op onbenullighede te spandeer. Hoeveer daarvan verdwyn in hul sakke? En besef hulle die kostes daaraan verbonde? Onbevoegdes moennie geld kry om iets verandwoordeliks daarmee te doen nie.

NWT ·

Een van die dae , seker nog voor die verkiesing
, gaan hulle voorskryf watter mens name en vanne moet ook verander. Van der Merwe word Phala Phala. Abrahams word Mtabula. Smuts word Cele.

Binnelandse Sake kry jul reg…..hier kom werk vir julle…..julle sal seker Sondae ook moet werk.

Cassie Carstens ·

Annie, geen party wat volgens jou leliewit moet bly, gaan oorleef nie. Veg liewers saam met die Vf+ om die ANC uit die kussings te probeer lig.

MAGRIETHA ·

En so word belasting betalers se geld gemors , belasting betalers is al so oorbelas kyk maar na inkomste belasting ,verkoopsbelasting ,rubber belas,suiker belas,levy s op plastiek sakke ,op petrol ,en vir petrol joggies en so kan jy aangaan , Dan kom die munisipaliteite met al hul levys op elektrisiteit,op vullis en so kan jy aangaan en aangaan , die naamsveranderinge is geldmors en belasdting betalers moet maar opdok, eskom vou staats entiteite vou, munisipaliteite vou of kort geld en die m an in die straat moet maar opdok ,maklikke manier om geld te maak, so my stem gaan aan die party wat na ons mense se sakke ook kyk en nie net wil he nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.