MRK mag appelleer teen Malema-uitspraak

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se aansoek om verlof tot appèl – rakende die hofuitspraak téén die kommissie oor uitlatings wat Julius Malema tydens ’n byeenkoms in 2016 gemaak het – is Woensdag in die Gautengse hooggeregshof toegestaan.

Regter Roland Sutherland het in Julie 2023 in AfriForum se guns beslis en bevind dat die MRK se 2019-bevinding – dat Malema nie haatspraak gepleeg het tydens die betrokke byeenkoms wat in 2016 in Newcastle plaasgevind het nie – tersyde gestel moet word.

Die hof het verder bevind dat die MRK nie bindende magte het om bevele of bevindings te maak nie. AfriForum het die saak met koste gewen.

In die uitlatings wat hier ter sprake is, het Malema onder meer gesê: “We are not calling for the slaughtering of white people, at least for now.”

AfriForum het in 2019 hofstukke ingedien om die MRK se besluit, dat hierdie uitsprake nie haatspraak is nie, op hersiening te neem.

Volgens Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van openbare betrekkinge, was die 2023-uitspraak ’n swaar slag vir die MRK aangesien dit bevestig het dat die MRK nie bindende magte het nie.

“Dit het ook die presedent geskep dat Suid-Afrikaanse howe die MRK se bevindings mag hersien. Dit is dus nie verbasend dat die MRK hierdie baanbrekerbeslissing probeer omkeer nie.”

Hy sê AfriForum is vas oortuig dat die 2023-beslissing geregtelik bevestig dat Malema wel in 2016 haatspraak gepleeg het.

“Die feit dat die MRK nou hierdie korrekte beslissing probeer omkeer, deur skynbaar dubbele standaarde as maatstaf, bewys juis hoekom dit gevaarlik sou wees om hierdie instelling se mag verder uit te brei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

koos10 ·

Uiteindelik ‘n regter wat durf het om die MRK aan te vat. Die MRK is partydig en onbevoeg. Gooi nou nog onaantasbaar in die pot, en jy het ‘n verlenging van die stok waarmee die regering wit mense van die land mee slaan, as hulle durf om nie saam met hulle te stem nie. Dit gebeur ook in Rusland, en het in Duitsland gebeur, en nogsteeds leer niemand nie!

Cassie Carstens ·

Ons moet maar bid Malema kom nie aan bewind in hierdie land nie. Dit sal chaos wees.

Aggie ·

Wonderlike nuus! So, wat gaan nou gebeur? Sal malema formeel aangekla word vir haatpraak en tronkstraf kry ?

honeybee ·

@keelvol, nee wat met toilet papier kan jy teminste jou alie afvee, so dit beteken meer as die MRK.

Di ·

Weereens n bewys dat die ANC Kaders ook beheer het oor al die howe, regters en die NVG

Andrew ·

Enige saak teen hoof nar gaan eers kan geskied wanneer die appelhof oor die saak beslis het. So gaan seker 2 jaar nog wees waar niks met hom gaan gebeur nie. Die dag as die MRK die saak finaal verloor, gaan hoof nar omdraai en jammer sê en iets soos gemeenskap klasse loop, en niks gaan verder met hom gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.