Soorte resepte:

Resep-video: Melktertskywe in die lugbraaier

Melktertskywe in die lugbraaier. (Foto: Zandeleen Thygesen/Maroela Media)

Bros aan die buitekant, sag aan die binnekant … Hierdie soetbederf sal binnekort een van jou gunstelingresepte wees!

Lewer 20 klein skywe

Bestanddele

  • 2 k melk
  • 7 e mielieblom
  • 4 e suiker (meer of minder na jou voorkeur)
  • 1 geklitste eier
  • meel, om die skywe in te rol
  • kaneelsuiker
  • olie of kossproei

Metode

  1. Meng in ʼn pot die melk, mielieblom en suiker saam totdat alles goed gemeng is. Die suiker moet opgelos wees en die mielieblom moet geen klonte hê nie.
  2. Verhit die kastrol oor medium hitte en kook die melk totdat dit verdik, ongeveer 5 tot 7 minute. Maak seker om konstant te roer.
  3. Sodra die melk verdik het, skep dit oor na ʼn lig gesmeerde houer en maak die verdikte melk gelyk.
  4. Dek die melk losweg af en laat dit heeltemal in die yskas afkoel totdat dit sy vorm behou.
  5. Maak die kante van die afgekoelde mengsel los en keer dit uit op ʼn snyplank. Sny dit in blokke.
  6. Draai elke blok in meel tot bedek en skud die oortollige meel af.
  7. Rangskik die blokke in die lugbraaiermandjie en spuit met olie. Braai in die lugbraaier by 200 °C vir ongeveer 8 tot 10 minute, of totdat die gebraaide melk goudbruin is aan die buitekant. Ná 4 tot 5 minute, draai die blokke om en spuit weer met olie.
  8. Wanneer die gebraaide blokke klaar is, verwyder hulle versigtig uit die lugbraaier en bedek met kaneelsuiker. Geniet dit terwyl dit warm is, soos dit is, of bedien met ʼn bietjie vla.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop joune hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.