Sepiegids: Tragiese nuus vir Tshepo in ‘Diepe waters’; Abigail, Adam se verhouding verdiep in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Tshepo (Johnny Potsanyane) in “Diepe waters”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 6 Mei

Iemand daag in ʼn kritieke toestand by Binneland op, en Steve voel hy het te veel druk op Nicolette geplaas.

Dinsdag 7 Mei

Tracy en Leah word uiteindelik herenig. Nicolette onderskep iets baie waardevols by iemand uit haar verlede. Anja Staal se blogstories bereik groot hoogtes.

Woensdag 8 Mei

Bonnie vang Annetjie uit, en Annetjie smeek haar om haar identiteit ʼn geheim te hou. Febé is bekommerd oor wat sy gesien het, maar Nicolette verduidelik wat sy gevat het.

Donderdag 9 Mei

Conrad is ontevrede met Tracy se besluit en probeer om haar daarvan te laat afsien. Vicky wil die eienaars van die verlore goedere opspoor, en Annetjie vind haar inspirasie by At.

Vrydag 10 Mei

Tertius is emosioneel en verward oor Tracy se besluit. Annetjie se jongste storie op haar L&V-blog kan dalk tot haar ondergang lei. Andrew word ontslaan, maar daar is ʼn kinkel in die kabel.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 6 Mei

Daar is ʼn onverwagse wending vir Tim. Susan ontdek nuwe inligting oor Herschel se situasie, terwyl Justin en Gary albei probeer om Noelle se hart te wen.

Dinsdag 7 Mei

Susan kry ʼn leidraad. Siya en Aiden stamp koppe, terwyl Bridgette vasbeslote is dinge om te draai.

Woensdag 8 Mei

Gary het ʼn emosioneel uitdagende dag, terwyl Bridgette ʼn groot gebaar maak. Aiden steek sy trots in sy sak, en Susan maak ʼn groot deurbraak in haar ondersoek.

Donderdag 9 Mei

Gary leer vir Noelle beter ken, en Rhafiek mis die buitelug. Justin en Aiden trek ’n “skelm” vas, terwyl Susan en Elana vassit.

Vrydag 10 Mei

Elana is raadop met Susan se obsessiewe gedrag, terwyl Gary onseker is oor sy toekoms met Noelle. Kaashifa droom groot, en Bianca leer iemand beter ken.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 6 Mei

Gys neem ʼn skokkende stap teen Lettie se restaurant. Charity het min geduld met Arno se verslawing. Tshepo ontvang tragiese nuus.

Dinsdag 7 Mei

Zelda is bekommerd oor Arno. Rossouw se posttraumatiese stresversteuring vlam weer op. Die bron vir die geheimsinnige siekte wat die swemmers teister, kan dalk reg onder hul neuse wees.

Woensdag 8 Mei

Henry word blameer vir die swembad se swak higiëne. Ben en Sanet ontvang baie onverwagse nuus. Tshepo rou en haal sy frustrasies op Gys uit.

Donderdag 9 Mei

Martha probeer Tshepo help met sy besluit oor sy toekoms. Anja is bekommerd oor Rossouw se nuwe energie, maar gaan Pam sy plan in elk geval oorneem?

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 6 Mei

Hein is onseker of hy saam met Birdy kan weggaan. Devon luister na Sasha se raad. Kyle en Beatrice stem ooreen oor Adam en Abigail. Desmond oorhandig ʼn ultimatum aan Janice om die vrede te bewaar.

Dinsdag 7 Mei

Janice oorweeg dit ernstig om Desmond se aanbod te aanvaar. Birdy probeer Hein oortuig om Raalte toe te gaan. Abigail en Adam se verhouding raak dieper.

Woensdag 8 Mei

Janice en die winkeleienaars verloor alle hoop. Hein probeer van ʼn gebroke hart herstel. Lee-Roy kry ʼn misterieuse aflewering.

Donderdag 9 Mei

Abigail en Adam se band word sterker. Desmond begin die impak van Janice se video’s voel. Lee-Roy weet hy sal nooit vrede vind tot hy die pakkie oopmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.