Die VF Plus het die parlement op terme geplaas en versoek dat partye billike tyd gegun word om hul eie regsmenings te kry.
Lees meerAlles vir Woensdag 29 Maart 2023
Nog twee van Spar se topbestuur aangekla
Altesaam vyf senior bestuurslede word reeds aangekla oor die beweerde onwettige oorname van Spar-supermarkte wat deur die Giannacopoulos-groep besit en bedryf word.
Massiewe ‘swartgat’ ontdek
Sterrekundiges het een van die grootste gravitasiekolke nóg ontdek met behulp van ʼn nuwe tegniek wat in die komende jare gebruik kan word om duisende meer van dié digte kosmiese voorwerpe raak te sien.
Fase 3 skop vroeër in
Dié wysiging van fase volg maar enkele ure ná Eskom aangekondig het dat fase 2 oornag sou geld.
Vliegtuigbrandstof direk vanaf kus na OR Tambo gelewer
Dit is die eerste keer ooit dat vliegtuigbrandstof geheel en al vanaf die kus deur Transnet se pypleidingstelsel tot by dié lughawe gevloei het.
18 jaar vir sý aandeel in Vicky Terblanche-moord
Dylan Cullis sal nou teen sy medebeskuldigdes getuig.
Akteur Ivan D. Lucas sterf
“Hy was ’n denker, ’n gelese man en baie talentvol.”
Luister: Dr. Neville wil passie vir noodhulp met gemeenskap deel
Die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga vier die aanstelling van dr. Neville Vlok as hoofgeneesheer én die organisasie se 88ste bestaansjaar.
Vroeër ingryping in skooljaar nodig
Leeragterstande weens die Covid-19-pandemie is grootliks ingehaal, maar leesbegrip en wiskunde is steeds ʼn probleem, luidens ʼn verslag van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum.
ToekomsVenster: Plastiekblomme
Dit is teleurstellend wanneer ʼn mens met hartseer moet hoor dat iemand wat jy vertrou, voete van klei het.
ʼn Afrikaanse Paasfees
Maak nie saak of julle hierdie Paasfees by die huis vier of in die bosveld nie, ʼn stukkie brood en ʼn bietjie wyn is al wat werklik nodig is.
Beurtkrag: Fase 4 steek weer kop uit
Beurtkrag sal weer tot minstens die naweek voortduur en meer as 22 000 MW is weens instandhoudingswerk nie tans beskikbaar nie.
Debat oor ‘terugeis’ van Vrystaat in Lesotho gehou
Die streke wat betwis word, is histories deur die Basotho bewoon.
Video: Honde speel te lekker met ballon
Soms het mens bietjie afleiding nodig. ʼn Video van honde wat met ʼn ballon speel, is dalk net die antwoord.
Momentum broodnodig vir sukkelende Bulls
Baie dinge tel teen Jake White se span, tog meen Schalk Burger dat die rugbyjakarandas as’t ware weer binnekort in Pretoria kan blom.
Wiele2Wiele ry met twee Toyota GR-modelle
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Renault wat sy spliternuwe Captur bekendgestel het en hulle ry met Toyota se Hilux GR-Sport en die GR86. Hulle gee raad oor wat jou banddruk moet wees as jy met jou 4×4 in die sand wil gaan baljaar en vertel jou alles oor BMW se R18 monster-motorfiets.
Tembisa-hospitaalskandaal: Huis, kantore deursoek vir bewyse
Die operasies vorm deel van die voortslepende ondersoek wat die fluitjieblaser Babita Deokaran haar lewe gekos het.
Negejarige ernstig beseer toe motor haar tref
“Mamma moenie kwaad wees vir die tannie wat my raakgery het nie, dit was ʼn ongeluk.”
Brink: Dis nou skouer aan die wiel in Tshwane
Nuwe Tshwane-burgemeester Cilliers Brink het ʼn hand van versoening na opposisiepartye uitgereik en sê die stad moet nou begin om sy mense te dien, ook deur beurtkrag te pak.
Bejaarde deur pitbulls doodgebyt
Die honde het glo oor ’n hoë heining gespring om toegang tot die bejaarde se eiendom te verkry.