Die belangrikste saak in die lewe handel nie oor wat ons van ons lewe kan onthou nie, of wat ander van my kan onthou nie, maar hoe God, wat alles van my af weet, my onthou.
Alles vir Woensdag 29 Maart 2023
Proteas skiet dié keer met sewe lopies kort
“Dit is nooit goed om te verloor nie, maar dit is lekker om te sien hoe die ouens vir geen uitdaging terugstaan nie.”
Mkhwebane getuig oor ‘viktimisasie, jaloesie’
Busisiwe Mkhwebane, geskorste Openbare Beskermer (OB), beweer sy is geviktimiseer bloot omdat sy haar werk gedoen het en dat regters jaloers op haar is omdat die remediërende optrede van die OB bindend is.
Mafe na ander psigiatriese hospitaal gestuur
Met sy laaste verskyning voor regter Erasmus het hy aan die hof gesê hy sal nie teruggaan na die Valkenburg- psigiatriese hospitaal nie.
Twee swaar gestraf na moord op Barrydale-vrou
Daar is in die vroeë oggendure van 22 Maart 2021 op Erna Gericke afgekom, ʼn paar kilometer van die parkeerterrein op die Waterval-staproete nadat haar man haar as vermis aangemeld het.
Thabo Bester-sage: Drie tronkbewaarders gepos
Die private veiligheidsmaatskappy G4S voer aan hy het die polisie bewus gemaak van beweerde ongerymdhede rakende die brand by die maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein wat glo tot Thabo Bester se ontsnapping gelei het.
Gedagte vir die dag: Gee jou beste vir God
Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (Kolossense 3:23-24)