Adv. Busisiwe Mkhwebane, afgedankte Openbare Beskermer (OB), is glo deur die kantoor van die OB ingelig dat sy nie geregtig is op ʼn pakket van miljoene rande ná haar dienstydperk as OB nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Openbare Beskermer"
Nuwe OB ingestem
Die Nasionale Vergadering het Donderdag die permanente aanstelling van adv. Kholeka Gcaleka as nuwe openbare beskermer (OB) goedgekeur.
Ramaphosa pos Mkhwebane
Ná ʼn jare lange stryd het pres. Cyril Ramaphosa die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, finaal die trekpas gegee.
‘Mkhwebane het publiek in die steek gelaat’
“Vir die afgelope sewe jaar het ons vasgehou aan ons oortuiging dat sy nie ʼn geskikte kandidaat is om die amp van Openbare Beskermer te beklee nie. Vandag is ons teenkanting teen haar aanstelling uiteindelik geregverdig.”
Mkhwebane kry die trekpas as OB
Altesaam 318 stemme is vir haar ontheffing en 43 daarteen ingevorder, wat die vereiste tweederdemeerderheid behaal het.
Mkhwebane se klagte teen LP’s, speaker ‘ongegrond’
Mkhwebane het klagte ingedien teen Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, Qubudile Dyantyi, voorsitter van die art. 194-komitee wat haar ondersoek het, en wyle ANC-LP Tina Joemat- Pettersson, in verband met die omkoperybewerings.
Mkhwebane: ‘Ek keer vandag terug werk toe’
“Mkhwebane se jongste pogings is ʼn demonstrasie van misplaaste arrogansie en beklemtoon bloot dat sy eenvoudig nie geskik is vir haar doel nie.”
‘Geen kandidaat geskik as nuwe OB’
Die waarnemende Openbare Beskermer, adv. Kholeka Gcaleka, is die verkose kandidaat van die ad hoc-komitee.
Mkhwebane nog nader om as OB verwyder te word
Mkhwebane is tot 21 Augustus kans gegee om op die verslag te reageer, maar het dit nie gedoen nie. Die komitee het wel Sondagaand korrespondensie van ‘n prokureursfirma ontvang wat hulself as Mkhwebane se nuwe regsverteenwoordigers voorgestel het.
Verslag is ‘bespotting van geregtigheid’, sê Mkhwebane
Mkhwebane bevraagteken hoe sy veronderstel is om op die konsepverslag kommentaar te lewer terwyl sy steeds in die proses is om nuwe regsverteenwoordiging te bekom.
Aanbeveling gemaak om OB uit haar pos te verwyder
ʼn Meerderheid van die komiteelede was ten gunste daarvan om Busisiwe Mkhwebane uit haar amp te verwyder.
Parlementêre komitee se ondersoek na OB afgehandel
Die ondersoek na die geskorste Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, se bevindings is dat sy haar aan wangedrag skuldig gemaak het, en dus onbevoeg is om haar pos te beklee.
Húlle is kandidate vir nuwe OB
ʼn Ontleding deur Corruption Watch wys dat minstens een van die kandidate ʼn botsing van belange het.
Geskorste OB glo sy word ‘geteiken’
Die geskorste Openbare Beskermer sê sy in die posisie waar haar bevoegdheid deur ʼn parlementêre komitee ondersoek word as gevolg van “die doelbewuste waninterpretasie van feite” deur onder meer die presidensie, politieke partye, die howe en die komiteevoorsitter van die ondersoek.
OB probeer van komiteevoorsitter ontslae raak
Die aansoek kom skaars twee weke voordat Qubudile Dyantyi sy werk in verband met die bevoegdheid van adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer moet afhandel.
Ramaphosa nié verkeerd om OB te skors – Grondwethof
Die land se hoogste hof het adv. Busisiwe Mkhwebane se skorsing Donderdag bekragtig. Die African Transformation Movement (ATM) is alles behalwe gelukkig.
Meer as 50 benoemings vir volgende OB
Adv. Ike Khumalo wat ná die onluste van Julie 2021 van aanhitsing tot openbare geweld aangekla is, staan ʼn kans om OB te word.
OB-komitee gaan voort ondanks Mkhwebane se versuim
Intussen sal die nuutaangestelde ad hoc-komitee wat ʼn permanente opvolger vir Mkhwebane moet benoem vandag vergader om ʼn verslag te ontvang oor die aansoeke en benoemings wat vir die pos van die nuwe OB ontvang is.
Mkhwebane kap na komitee wat haar ondersoek
“Daar word van my verwag om eiehandig ʼn dokument wat langer is as die Bybel in die bestek van ongeveer een week te produseer. Dit is pure absurditeit.”
Skriftelike vrae aan Mkhwebane gestuur
Qubudile Dyantyi, voorsitter van die komitee, het herbevestig dat die komitee hou by sy hersiene pad vorentoe, aangesien Mkhwebane nou die fondse en toegang het tot ʼn opdraggewende prokureur.