Meer as 50 benoemings vir volgende OB

Adv. Kholeka Gcaleka (Foto: Twitter)

Die waarnemende openbare beskermer (OB) Kholeka Gcaleka staan ʼn kans om dié pos voor die einde van die jaar permanent te vul nadat sy 17 benoemings vir die pos gekry het.

Adv. Ike Khumalo wat ná die onluste van Julie 2021 van aanhitsing tot openbare geweld aangekla is, en adv. Tseliso Thipanyane, voormalige uitvoerende hoof van die Menseregtekommissie, se name staan ook op die benoemingslys.

Cyril Xaba, voorsitter van die ad hoc-komitee wat Suid-Afrika se volgende OB moet benoem, het nie minder nie as 53 benoemings en 17 aansoeke van voornemende kandidate ontvang.

Altesaam 32 van die 53 benoemings is egter tydens die aanvanklike siftingsproses reeds uitgegooi. Sommige het nie aan die vereistes voldoen nie – dit sluit in dié van die geskorste OB, adv. Busisiwe Mkhwebane, en haar regsverteenwoordiger Dali Mpofu – terwyl ander bloot nie van die benoeming geweet het nie en dit verwerp het.

Dit sluit in mense soos hoofregter Raymond Zondo en die DA-LP Glynnis Breytenbach.

Altesame 38 kandidate, onder wie Gcaleka, Khumalo en Thipanyane, het wel die eerste siftingstoets geslaag.

Dié kandidate se name is intussen op die parlement se webwerf geplaas vir openbare kommentaar. Die publiek het nou tot 21 Julie om insette oor dié kandidate te lewer.

ʼn Kortlys van kandidate sal voor die einde van die maand opgestel word voordat onderhoude tussen 21 en 25 Augustus plaasvind.

Xaba sê die komitee sal dan weer beraadslaag voordat hulle die name van die voorkeurkandidate aan die Nasionale Vergadering voorlê.

Mkhwebane, wat vier benoemings ontvang het, se ampstermyn verstryk amptelik op 14 Oktober.

Die komitee moet teen einde Augustus ʼn lys kandidate aan die parlement voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JohanR ·

Sekerlik uit die 50 kan daar nie ‘n slegter een wees as die nuttelose en arrogante huidige OB. Dink net hoe Glynnis Breytenbach sal gat skop!

Johan Tredoux ·

Gaan niks help om kwaad te word nie want dit gaan net die gesondheid kwaad doen. Dit is n speletjie en blyspel. Dit is n alomteenwoordige gekskeer. Vir ons vermaak en óók, ons ondergang. So sit agteruit en geniet met koffie en toebies.

Wondermaarnet ·

Hoe meer hulle aangekla word, hoe groter die kans om OB te word.

SjN ·

Kaders moet deur die kriminele stelsel gaan voor hul in aanmerking kan kom vir n job.

Oosieoos ·

Daar is net twee wat vertroubaar is Thuli Madonsela of Glynnis maar sal nie oorweeg word nie die ander sal net weer in die staat se sak wees

Casper ·

Die huidige waarnemende O B sal ‘n politieke aanstelling wees.Gcaleka is Ramarama en sy bende goed gesind.Ons het gesien wat het met die Phala Phala skandpaal gebeur.Breytenbach diskwalifiseer haarself want sy is ten gunste van geregtigheid,iets wat die ANC baie bang maak.

Strandloper ·

Benoem die rooi maletjie ook asb. Die anc het lankal ale logiese denke oorskry en ploeter in n riool sloot rond…

annie ·

Waarom word ervare ouer regsgeleerdes nie aangestel nie, of is dit juis die idee met die jongeres dat hul arm maklik gedraai kan word… soos ‘n jong boompie. Cyril sal dié waarnemende jonge verkies.

My siening ·

OB in die land staan vir On-Bevoeg en nie vir openbare beskermer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.