“Ek was amper dood, maar ek voel geseënd. Ek voel geseënd dat ek met Anita kan gesels en vanaand antwoorde kan gee, ongeag wat sy van my dink.”
Lees meerAlles vir Donderdag 13 Julie 2023
Hoogste hof sê óók Zuma se parool was onwettig
Die vraag is egter nou of die oudpresident weer die tronkdeure agter hom gaan hoor toeswaai of nie.
Macron kry vingerpunt in die pos
Daar word daagliks tussen 1 000 en 1 500 e-posse en briewe aan pres. Emmanuel Macron gerig waarop hy soms met handgeskrewe boodskappe reageer. ’n Gruvonds is egter vandeesweek in ʼn brief gemaak.
Twee agter tralies ná trokke brand
Nie een nie maar twee verdagtes is reeds in hegtenis geneem in verband met vandeesweek se vlaag aanvalle op vragmotors, sê die polisie.
Fase 6 skop vas
Fase 6-beurtkrag sal die hele naweek, dag én nag, geïmplementeer word.
Gesogte musiekkonsert steun hospitale
Gehore kan uitsien na kragvertonings deur kunstenaars soos Demi Lee Moore, Tarryn Lamb, Ruhan du Toit, Monique Steyn, Corlea en Amira Willighagen.
Video: Pleitooreenkoms ná jong man fietsryer doodry
Ruvan Olivier was maar 19 jaar oud toe hy Nino Oppel vyf jaar gelede van sy fiets af gery en hom vir dood agtergelaat het.
Mafe erken: ‘Ek hét parlement aan brand gesteek’
Zandile Mafe het in ʼn uitbarsting in die hof erken dat hy die parlementsgebou aan die brand gesteek het en dat “hy dit weer sal afbrand tensy dit na Bloemfontein of Pretoria verskuif word”.
ToekomsVenster: Altyd by jou
Die digter sê: “Ek het die Here altyd by my”. Wat ʼn wonderlike belydenis. Leef vandag en elke dag vanuit hierdie werklikheid.
Deurbraak ná KwaNobuhle-slagting
Volgens die polisie hou die voorval vermoedelik met dwelms verband.
Hofsaak kom oor Skaak SA se skorsing
“Dit is duidelik dat die regmatige raad deur polities gedrewe agendas uitgewerk is, terwyl hierdie sportsoort en sy deelnemers nou as gevolg van hierdie magstryd ly.”
Die veiligste land ter wêreld
Die land is vir die 17de keer agtereenvolgend as die wêreld se veiligste aangewys op die internasionale vredesindeks.
Een glo aangekeer ná trokke brand
“Die verdagte wat in hegtenis geneem is, is waarskynlik net ʼn voetsoldaat. Sy inhegtenisneming moenie die aandag aftrek van die 12 persone wat nog aangekeer moet word om die wortel van die kwaad te kan bepaal nie.”
BMW spog met nuwe tegnologie
BMW is ywerig besig met nuwe modelle en nuwe tegnologie wat binnekort beskikbaar gaan wees, insluitend ‘n elektriese bromponie en ‘n nuwe slim ry- bril.
Ramaphosa nié verkeerd om OB te skors – Grondwethof
Die land se hoogste hof het adv. Busisiwe Mkhwebane se skorsing Donderdag bekragtig. Die African Transformation Movement (ATM) is alles behalwe gelukkig.
Tuisskare soos ‘agtste speler’ op baan – Shadine
“Ek is vreeslik opgewonde en die feit dat ons sake op ons tuisbane voor ons mense gaan uitspook, dra ongetwyfeld tot die opwinding by.”
Meer as 50 benoemings vir volgende OB
Adv. Ike Khumalo wat ná die onluste van Julie 2021 van aanhitsing tot openbare geweld aangekla is, staan ʼn kans om OB te word.
Agoa gee SA sitrusbedryf broodnodige markvoordeel
Suid-Afrika het sy sitrusuitvoere na die VSA die afgelope paar jaar aansienlik verhoog, hoofsaaklik te danke aan die Agoa-ooreenkoms. Byna R2 miljard in uitvoerinkomste en duisende landelike werksgeleenthede is egter in die weegskaal, sou Suid-Afrika uit die ooreenkoms geskop word.
Kom hardloop by die Voortrekkermonument
Die Springbok-vasbytwedloop is al ʼn instelling op Pretoria se sportkalender en is sinoniem met die verbyvlug van Harvard-gevegsvliegtuie en ʼn oorverdowende kanonskoot wat die begin van die wedloop aankondig.
Hollywood-akteurs wil ook staak
Hollywood se skrywersgilde staak al byna drie maande lank weens ontevredenheid oor salarisse, en akteurs dreig nou om dieselfde te doen, ʼn optrede wat groot dele van die bedryf kan lamlê.