Macron kry vingerpunt in die pos

Emmanuel Macron (Foto: Ludovic Marin/Pool/AFP)

Franse aanklaers het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat die punt van ʼn persoon se vinger vandeesweek in ʼn brief aan die dié land se president gestuur is.

Personeel van die Franse president, Emmanuel Macron, het dié gruvonds begin vandeesweek gemaak en die polisie ontbied.

Die vingerpunt behoort glo aan die persoon wat die brief aan Macron gestuur het. Die persoon ly na bewering aan psigiatriese probleme, het ʼn bron na aan die ondersoek Donderdag aan AFP gesê op voorwaarde van anonimiteit.

Daar word daagliks tussen 1 000 en 1 500 e-posse en briewe aan Macron gerig waarop hy soms met handgeskrewe boodskappe reageer.

Die e-posse en briewe word egter eers deur ʼn span van 70 personeellede in ʼn kantoor nagegaan voordat dit na die Franse president gestuur word. Dié kantoor is nié by die Élysée-paleis – die president se amptelike woning – in sentraal-Parys geleë nie.

Macron se kantoor wou nie Donderdag kommentaar lewer oor die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jacobus ·

Nou wonder ‘n mens. Is dit die ou se eie vingerpunt – of dreigement – volgende keer stuur ek die res van die ou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.